Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 16 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Omgewingsinstituut van die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe het kritiek uitgespreek oor die Nasionale Kernkragreguleerder se goedkeuring vir die verlenging van die leeftyd van Koeberg se Eenheid Een in Kaapstad met 20 jaar. Die reguleerder sê dit voldoen aan nasionale wetgewing en internasionale standaarde en volg op ‘n proses van openbare deelname, insluitend agt openbare verhore. Francesca de Gasparis van die instituut sê talle veiligheidskwessies by Koeberg moet nog aandag kry:
Die instituut sê ook Afrika het nie nog kernkragstasies nodig nie. Die instituut en Earthlife Africa bied vandag in Johannesburg gesamentlik besprekings aan oor die gevare van kernkrag, saam met die pryswenner en Russiese omgewingskenner, Vladimir Slivyak. Die volgende besprekings vind volgende Dinsdag in Kaapstad plaas. De Gasparis sê gemeenskappe in Kenia maak ook beswaar teen nuwe kernkrag-aanlegte:
# En ten slotte: Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie het met LC Dynamics saamgewerk om ‘n nuwe energiebesparende uitvinding te ontwikkel. Dié uitvinding is slim-blindings met ingeboude sonpanele wat verskeie noodsaaklike huistoestelle kan herlaai. ‘n Kenner van die meganiese en elektroniese ontwikkeling van die produk, Curtis Tshehla, sê die sonkrag-blindings kan ‘n besparing van tot 70-persent in huishoudings se kragrekening meebring. Hy sê dit bespaar energie deur die binnekant van die huis koel te hou en die koste van lugversorging met tot 40-persent te besnoei.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….