Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 15 Julie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Mchunu vra gesamentlike poging om nasionale sekerheid te versterk
# President Ramaphosa lig aansporings uit vir uitlatingteikens
# En, die Olimpiese Spele: ATM beloof om Luxolo Adams te ondersteun nadat hy uit Span SA gelaat is
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, vra ‘n gesamentlik poging om nasionale sekerheid op te skerp, vuurwapenbeheermaatreëls te versterk en hulpbronne vir polisiebeamptes te verbeter. Die minister het die media toegespreek oor die voorkeure van sy ministerie, en gevra vir samewerking met gemeenskapspolisieforums, privaat sekerheid, gemeenskapsgebaseerde organisasies en verskeie belanghebbers om stygende misdaadkoerse te beveg. Mchunu versoek alle Suid-Afrikaners om veiliger omgewings en ‘n veilige nasie te skep:
# President Cyril Ramaphosa het verskeie planne aangekondig om te voldoen aan uitlatingteikens. Dit sluit in die Hernubare Energie Onafhanklike Kragverskaffersprogram, wat meer as 209-miljard-rand se beleggings gelok het. Ramaphosa sê die opdatering van die Geïntegreerde Hulpbronplan en die bekendstelling van die Billike Energie-oordragbeleggingsplan, met meer as een-duisend-miljard-rand se beleggings, is ook aan die gang. Hy sê die planne wil groen-energie en ekonomiese diversifikasie aanmoedig, terwyl dit ‘n inklusiewe oorgang na lae-koolstof verseker:
# Die Gautengse regering wil tenderkorrupsie beperk deur die outomatisering van bodbeoordelingsprosesse, wat deursigtigheid en kontraktoekenning op meriete verseker. Die LUR vir Finansies, Lebogang Maile, beklemtoon die belangrikheid van deursigtigheid met tenderbeoordeling om bedrog en korrupsie te voorkom. Hy staan ‘n geoutomatiseerde verkrygingstelsel voor om menslike inmenging te verminder. Dit wil die verskaffersbasis hervorm deur nuwe deelnemers wat voorheen benadeel was, te bevoordeel, en mik na oop besluitneming oor alle tenders om geheimsinnigheid uit te skakel met die toekenning van kontrakte.
# China het in die tweede kwartaal laer as verwagte ekonomiese groei behaal, met alle oë op hoe top amptenare, wat byeen is vir ‘n sleutelvergadering in Beijing, gaan probeer om die land se verergerende ekonomiese probleme te hanteer. Amptelike statistieke dui aan die ekonomie het met net 4,7-persent gegroei in die tweede kwartaal van die jaar, wat die laagste koers is sedert vroeg verlede jaar. Handelspanning met Amerika en die Europese Unie, wat Beijing se toegang tot sensitiewe tegnologie probeer beperk, sowel as die opskuif van heffings om hulle markte te beskerm teen goedkoop, gesubsidieerde Chinese ware, strem ook ekonomiese groei.
# Olimpiese Spele: Die African Transformation Movement vra die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, om dringend by die Luxolo Adams-saak in te gryp. Die naelloper dreig met regsoptrede teen Atletiek Suid-Afrika nadat hy uitgelaat is uit die Suid-Afrikaanse span vir die Spele in Parys. Dit het gebeur nadat Wayde van Niekerk besluit het om nie aan die 400-meter deel te neem nie, maar eerder op die 200-meter en aflosse te fokus. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê Adams word onregverdig behandel:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-22-sent teen die dollar, 19-rand-89-sent teen die euro en 23-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-521-dollar-41-sent. Die prys van goud is twee-duisend-416-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-86-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….