Nuus 11:00
BULLETIN 14 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Mbalula bevestig Zuma se dissiplinêre verhoor is vir Woensdag geskeduleer
# Die FBI identifiseer die 20-jarige man wat probeer het om Donald Trump te vermoor
# En, tennis: ‘n Soete Wimbledon-oorwinning vir Barbora Krejcikova van die Tsjeggiese Republiek
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê Suid-Afrikaners woon in ‘n land waar die oppergesag van die reg respekteer word, en mense gebruik die howe om te bepaal wat hulle wil hê. Hy voeg by die voormalige president Jacob Zuma is iemand wat in vervolging en litigasie glo. Mbalula sê die ANC het Zuma se dissiplinêre verhoor vir Woensdag geskeduleer ten einde sy ANC-lidmaatskap te beëindig noudat hy die MK-party aanvoer. Hy voeg by hulle taak is om die saak binne die perke van die party se grondwet en die wet te hanteer:
# Drie Gautengse polisielede is aangekeer na ‘n rooftog by ‘n Engen-vulstasie in Welkom in die Vrystaat. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê in foto’s op sosiale media kon twee mans en ‘n vrou met koeëlvaste polisiebaadjies en maskers gesien word. Mathe sê hulle het ‘n voertuig van die pad getrek en die bestuurder beveel om uit te klim. Die man het geweier en na die naaste vulstasie gery, met die polisie wat hom gevolg het. Hulle het na bewering sy selfoon gegryp en weggejaag:
# Die Hamas-beheerde Gesondheidsministerie in Gaza sê 90 Palestyne is dood in ‘n Israelse lugaanval op ‘n toegewyse humanitêre gebied. Sowat 290 mense is beseer. Die aanval was op die al-Mawasi-gebied naby Khan Younis, wat tot ‘n humanitêre sone verklaar, met die Israeliese weermag wat Palestyne aangemoedig het om daar skuiling te soek. Volgens Israel het die aanval senior Hamas-leiers in ‘n oop gebied geteiken waar daar nie enige burgerlikes was nie.
# Die FBI het die beweerde sluipmoordenaar wat probeer het om die voormalige president Donald Trump dood te skiet as die 20-jarige Thomas Matthew Crooks uitgeken. Die aanval by ‘n verkiesingsveldtog in Butler, in die weste van Pennsilvanië het ‘n lid van die skare dood gelaat en nog twee mans is in ‘n bedenklike toestand. Crooks, van Pennsilvanië, is deur FBI-agente doodgeskiet. Nadat Trump met bloed op sy gesig verwyder is, het hy bevestig hy is in die oor geskiet en gesê “daar was baie bloed”. Hy het in sy privaatvliegtuig in New Jersey aangekom en beplan om tyd by sy privaatgholfklub deur te bring.
# En, tennis: Die Tsjeggiese ster Barbora Krejcíkova het gister haar eerste Wimbledon-titel gewen toe sy Jasmine Paolini van Italië in ‘n opwindende vroue-eindstryd met 6-2, 2-6, 6-4 oorrompel het. Dit is haar tweede Grand Slam na sy die Franse Ope in 2021 ingepalm het. Krejcokova se seisoen is deur beserings onderbreek en dit het haar posisie op die wêreldranglys laat tuimel. Maar dit het alles op Wimbledon verander. Sy het prysgeld van 290-miljoen-rand ontvang en vroue kry sedert 2007 dieselfde as mans. Dit beteken Carlos Alcaraz of Novak Djokovic gaan dieselfde bedrag in die sak steek na vanmiddag se mans-eindstryd.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….