Nuus 08:00
BULLETIN 14 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Donald Trump oorleef ‘n sluipmoordaanval
# Ntshavheni sê die regering wil hê almal wat by die VBS Bank se plundering betrokke was, moet vervolg word
# En, rugby: Ierland breek Springbokharte en maak die toetsreeks gelykop
# Die voormalige Amerikaanse president Donald Trump is deur Geheimediens-agente van die verhoog gehaas na ‘n skietvoorval by ‘n veldtogsaamtrek waar ‘n lid van die skare dood en twee krities gewond het. ‘n Koeël het Trump se oor geskraap en bloed op sy gesig gelaat by ‘n saamtrek in Butler, in Wes-Pensilvanië. Die aanvaller is doodgeskiet. Die FBI en die Geheimediens ondersoek die voorval as ‘n sluipmoordaanval. ABC News in Amerika berig die aanvaller was op die dak van ‘n nabygeleë gebou en het nie deur die veiligheidshekke gegaan nie.
# Terug op die tuisfront: Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshaveni, sê die regering wil hê almal wat by die plundery van die VBS Bank van 1,9-miljard-rand betrokke was, en in die voormalige voorsitter van die bank, Tshifhiwa Matodzi se beëdigde verklaring betrek word, moet vervolg word. Ntshaveni het die media tydens die eerste kabinet-legotla van die regering van nasionale eenheid by die Sefako Makgatho presidensiële gastehuis in Pretoria toegespreek. Sy sê die regering het die slagoffers van die VBS Bank se plundering ondersteun sedert die saak in 2018 onthul is:
# Die Demokratiese Verpleegkunde-organisasie in die Wes-Kaap, sê minder pasiënte besoek fasiliteite weens die gure weer. Die sekretaris van Denosa, Sabelo Ntshanga, beskryf die situasie as kommerwekkend want dit kan die toestand van pasiënte vererger wat behandeling nodig het. Ntshanga sê talle pasiënte is op chroniese medikasie, en as hulle verhinder word om by gesondheidsdienste uit te kom, loop hulle die gevaar om dit oor te slaan:
# Afriforum en verteenwoordigers van die Afrikanerstigting is besig met ‘n wêreldtoer om meningsvormers, politici en organisasies te ontmoet wat belangstel in die huidige stand van sake in Suid-Afrika. Hulle bepaal hoe minderheidsgroepe, soos die Afrikaners, op omstandighede reageer. Ernst van Zyl van Afriforum sê tien jaar gelede het mense wat hulle in die buiteland ontmoet het, bitter min van Suid-Afrika se krisis geweet. Van Zyl sê vandag is hulle bewus van die omvang van die krisisse en hulle stel in oplossings belang:
# En, rugby: Ierland se plaasvervanger losskakel Ciaran Frawley het die tweede van sy skepdoele net voor die eindfluitjie oorgeklits om die Springbokke met 25-24 in die tweede toets in Durban te laat verloor en die reeks teen die wêreldkampioene gelykop te maak. Die besoekers was in die eerste helfte die beter span en het teen rustyd met 10-nul voorgeloop. Die Springbokke het in die tweede helfte teruggeveg, maar ‘n bietjie Ierse geluk het die Bokke se segetog van ses wedstrydoorwinnings beëindig wat terugstrek tot die 2023 Wêreldbeker.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….