Nuus 11:00
BULLETIN 13 Julie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Save South Africa sê die EFF-leiers en alle ander plunderaars van VBS-bank moet vervolg word
# Drie bemanningslede sterf toe ‘n Russiese passasierstraler naby Moskou neerstort
# En, rugby: Die Springbokke se volle aandag is op vanmiddag se tweede toets teen die Iere
# Die Save South Africa burgerlike beweging sê die EFF-leier Julius Malema, die adjunk-president Floyd Shivambu en alle ander rampokkers wat 1,9 miljard-rand van die VBS-bank geplunder het, moet vervolg word. Tebogo Mashilompane van die beweging doen ‘n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag om nie te skroom wanneer dit by Malema en Shivambu kom nie, want hulle word direk in die voormalige VBS bank se voorsitter, Tshifhiwa Matodzi, se beëdigde verklaring genoem:
# Die Stad Kaapstad sê hy het teen gister meer as vier-duisend kragverwante oproepe ontvang, waarvan drie-duisend uit die suidelike dele van die stad gekom het. Kragverskaffing-spanne gee aandag aan die ongekende volumes en vordering word dag en nag gemaak. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê hulle werk eerste aan all nood-kragfoute in alle gebiede, asook alle ander groot en langdurige kragonderbrekings:
# Rusland se Nooddienste-ministerie het aangekondig ‘n passasierstraler met slegs bemanning aanboord het ná herstelwerk tydens ‘n toetsvlug naby Moskou neergestort. Die Sukhoi Superjet 100 het in ‘n woud die grond getref en al drie bemanningslede is dood. Daar was nie enige passasiers aanboord nie. Rusland het na wat berig word die Sukhoi Superjet geruime tyd reeds ontwikkel om Westers-vervaardigde vliegtuie te vervang.
# Rugby: Die Springbokke se hulpafrigter, Mzandile Stick, sê die span sal vir alle Suid-Afrikaners speel wanneer hulle vanmiddag in Durban teen Ierland in die beslissende wedstryd van die toetsreeks op die veld draf. Stick én kaptein Siya Kolisi verwag ‘n verwoede aanslag van die besoekers want die Iere wil bewys hoekom hulle die Sesnasies-kampioene is. Kolisi dink nie daaraan dat hulle die voorlopers in die reeks is na hulle oorwinning van 27-20 op Loftus nie. Hy sê dit is ‘n nuwe wedstryd, so vir hulle is die reeks nul-elk.
En, die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, wens die Springbokke alles van die beste toe vir die toets op Kingspark. Ntuli doen ‘n beroep op die Bokke om hulle opwindende vertoning verlede Saterdag te herhaal, na hulle eerste tuistoets-oorwinning sedert hulle Wêreldbeker-sege verlede jaar. Hy moedig die Haaitenk-skare aan om die Ierse ondersteuners met sang, danse en dromme te oorheers. Ntuli sê die Springbokke het deurgaans gewys hulle is veerkragtig, vasberade en het ‘n onverbiddellike gees op die veld.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….