Nuus 16:00
BULLETIN 12 Julie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Metrorail skort treindienste in die Wes-Kaap tydelik op weens gure weer
# 121 beskadigde skole in die provinsie het dringend aandag nodig
# En rugby: Aanhangers word môre bederf met nog ‘n volgepakte dag van toetsaksie
# Metrorail het tydelik talle treindienste in die Wes-Kaap opgeskort weens gure weer wat wydverspreide oorstromings veroorsaak. Die diens op die Kaapse Vlakte word geraak deur oorstromings in Ottery, terwyl die diens in die Strand stopgesit is weens vloede in Firgrove. Daarby ondervind die roete tussen Malmesbury en Kaapstad vertragings weens oorstromings. Woordvoerder Zino Mihi sê veiligheidsondersoeke word onderneem om die spoortoestand te beoordeel en passasiersveiligheid te verseker.
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê intussen 121 skole het dringend aandag nodig na die erge storms wat die provinsie getref het. Byna 300 skole het skade aangemeld te midde van voortgesette reën en sterk wind. Bronagh Hammond van die departement sê die infrastruktuurspan werk deurlopend om te besluit watter herstelwerk moet voorkeur kry en seker te maak skole kan so gou moontlik weer normaal werk:
# Die EFF-parlementslid, Busisiwe Mkhwebane, sê baie Suid-Afrikaners het nie toegang tot die kantoor van die hoofregter nie en die kantoor laat landsburgers in die steek. Mkhwebane het gepraat tydens die kantoor se begrotingsrede in die Parlement. Sy sê meer kan gedoen word om dit te verander en ‘n onafhanklike regbank te hê:
# Rugby: Nog ‘n volgepakte dag van toetsaksie wag môre op geesdriftiges. Amerika speel in Washington teen Skotland, Kanada en Roemenië pak mekaar in Ottowa en Samoa kom in Apia teen Spanje te staan. Dan is dit Nieu-Seeland teen Engeland in Auckland, gevolg deur Australië teen Wallis in Melbourne. Japan en Georgië bots in Sendai, Namibië pak Portugal in Windhoek, en dan is daar die grote tussen die Springbokke en Ierland in Durban. Argentinië en Frankryk speel in Buenos Aires, en Chili en België in Viña del Mar.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-98-sent teen die dollar, 19-rand-58 teen die euro en 23-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-366-dollar-14-sent. Die prys van goud is een-duisend-403-dollar-68-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 86-dollar-1-sent per vat.
# En ten slotte: Meryl Streep het bevestig sy keer terug vir ‘n opvolg van The Devil Wears Prada. Die 75-jarige Amerikaanse Oscar-wenner gaan haar rol laat herleef as die formidabele uitvoerende redakteur van die modetydskrif Runway, Miranda Priestly. Die nuwe fliek fokus blykbaar op die einde van haar loopbaan waar sy gekonfronteer word met die einde van tradisionele tydskrifte. Emily Blunt keer ook terug nadat sy Priestly se assistent, Emily Charlton, gespeel het, maar daar is nog geen bevestiging oor die deelname van Anne Hathaway as haar ander assistent, Andrea Sachs, nie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….