Eko-minuut 13:30
ULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Julie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Julie se reënvalrekords in die Wes-Kaap is oortref vanweë ‘n reeks kouefronte wat stormwind, swaar sneeuval en reën tot gevolg gehad het. Nuwe reënvalrekords vir die maand is by weerstasies in Elim, Swellendam en Tulbagh opgestel. Elim het die hoogste reënval in agt jaar van 70.2 millimeter ontvang, Tulbagh 69,8 en Swellendam 30,4. ‘n Weerkundige, Annette Botha, sê hoewel temperature in die ooste behoort toe te neem, gaan die Wes-Kaap dié week nog twee fronte moet trotseer.
Die Wes-Kaapse regering is op hoë gereedheid nadat die Suid-Afrikaanse Weerdiens reënvoorspellings opgegradeer het tot ‘n vlak agt-waarskuwing vir Kaapstad, Drakenstein en Stellenbosch. Verwagte reënval van 40 tot 60 millimeter, wat moontlik 100 millimeter in bergagtige gebiede kan bereik, laat kommer ontstaan oor oorstromings, modderstortings en rotsstortings. Die woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, Craig Lambinon, sê mense wat van ventilators afhanklik is, soek skuiling en laaigeriewe by hul stasie, nadat Struisbaai weens gure weer afgesny is:
# En ten slotte: NAVO waarsku klimaatsverandering kan tot hoër konflikvlakke, onbestendigheid en die ontwrigting van die wêreld se voorsieningskettings lei. Die organisasie beklemtoon die gevolge van klimaatsverandering in sy 2024-verslag oor klimaatsverandering en sekerheid. Dit ondersoek die uitwerking van klimaatsverandering op elk van die NAVO-gebiede, naamlik see, land, lug, ruimte en kuberruimte, asook sy sendings en operasies. Hy sê regstreekse gevare van klimaatsverandering soos hittegolwe, oorstromings en brande, kan militêre toerusting, wapenstelsels en installasies beïnvloed.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….