Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# 55-persent van die nasionale regeringsbesteding gaan aan toelaes
# Die NVG is gekant teen borgtog vir ‘n 19-jarige beskuldig van aanranding op sy ouma
# En, motorsport: McLaren is vol vertroue oor sy tuiswedren op Silverstone
# Die jongste data van Statistieke Suid-Afrika toon 55-persent van die besteding van 2,04-duisend-miljard-rand is opsygesit vir toelaes. Provinsiale regerings het 694-miljard-ontvang, hoofsaaklik vir gesondheid en onderwys. Openbare instellings soos die Padongelukkefonds en die Werkloosheidsversekeringsfonds het 151-mijard-rand ontvang en instellings vir hoёr onderwys, buitelandse regerings en internasionale instellings elk minder as 50-miljard-rand. Hierdie toewysings beklemtoon die regering se fokus op die ondersteuning van verskeie vlakke van staatsregering en openbare dienste.
# Die Nasionale Vervolgingsgesag sal borgtog teenstaan vir ‘n 19-jarige man wat daarvan aangekla word dat hy sy 82-jarige ouma in Wallacedene, Kaapstad, aangerand het. Die beskuldigde het vandag in die Landdroshof in Blue Downs verskyn op aanklagte van aanranding en oortreding van die Wet op Ouer Persone. ‘n Video toon hoe die ouer vrou geslaan word en neerval. Die streekswoordvoerder van die NVG, Eric Ntabazalila, het bevestig die saak is tot volgende Vrydag uitgestel:
# Die nuutaangestelde Britse eerste minister, Keir Starmer, sê dis tyd vir verandering. Koning Charles het hom vandag amptelik aangestel na die Arbeiders se klinkende oorwinning by die stembus. Starmer neem Downingstraat 10 oor by die uitgaande eerste minister, Rishi Sunak, wat die nederlaag aanvaar en sy bedanking as leier van die Konserwatiewe Party aangekondig het. Starmer het in sy eerste toespraak gesê hy wil na 14 jaar as opposisie hoop en positiewe veranderinge bring met die Arbeiders se terugkeer tot die regering:
# Die Catania-lughawe op die Italiaanse eiland, Sicilië, is vandag gesluit nadat Berg Etna, die grootste aktiewe vulkaan in Europa, uitgebars en as in die lugruim geblaas het, wat lugverkeer ontwrig het. Die aanloopbaan van die Catania-lughawe is onbruikbaar weens die storting van vulkaniese as. Die Nasionale Instituut vir Geofisika en Vulkanologie sê aswolke het tot 4,5-kilometer die lug in gestyg. Beeldmateriaal op sosiale media toon hoe die middestad van Catania met dik lae swart as bedek is en die verkeer belemmer.
# Motorsport: Formule Een is hierdie naweek in Engeland vir die Britse Grand Prix. Dit is die 12de van 24 wedrenne op die jaarkalender. McLaren is die grootste gedeelte van die seisoen mededingend. Hulle is tans derde onder die vervaardigers met Lando Norris tweede onder die bestuurders, na Max Verstappen. Dis ‘n tuiswedren vir McLaren en volgens hulle jong Australiese bestuurder, Oscar Piastri, is hulle vol vertroue:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-27-sent teen die dollar, 19-rand-77-sent teen die euro en 23-rand-38-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 55-duisend-561-dollar-82-sent. Die prys van goud is twee-duisend-377-dollar-41-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 87-dollar-23-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….