Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 Julie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Arbeidshof verbied NUMSA se staking by Ford Suid-Afrika se hoofkantoor
# OUTA kritiseer die samestelling van die Gautengse regering
# En, swem: Wêreld-watersport se uitvoerende direkteur getuig in die strafregtelike ondersoek na Chinese opkikkertoetse
# Die Arbeidshof het aan Ford Suid-Afrika ‘n interdik toegestaan teen die metaalwerkersvakbond NUMSA se staking by sy hookantoor in Pretoria. Die hof het beveel stakende werkers moet vandag terugkeer werk toe. Die staking, wat gister begin het, het vervaardigings- en voorsieningskettingprosesse bedreig. NUMSA het die staking begin oor Ford se weiering om sy wins met werkers te deel. Die hoofsekretaris, Irvin Jim, het beklemtoon Ford kan bonusse bekostig nadat hy die afgelope vier-jaar aansienlike wins getoon het.
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA, is baie ongelukkig oor die samestelling van die Gautengse regering, wat die DA uitsluit. Die DA het die ANC daarvan beskuldig dat hy ter kwader trou onderhandel en hom wou uitoorlê om minder posisies te aanvaar. Premier Panyaza Lesufi het Woensdag sy kabinet aangekondig nadat dit vroeër twee keer uitgestel is. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenhage, sê die provinsiale regering is nie ten volle verteenwoordigend nie:
# Die Stad Kaapstad sê hy gaan voort om sy portefeulje vir strategiese bates onder die Direktoraat vir Ekonomiese Groei te verbeter. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê die portefeulje bestuur onroerende eiendomsbates met groot ekonomiese, erfenis-, toerisme- en omgewingswaarde. Hy sê dit sluit in die Athlone-stadion, die Goeie Hoop-sentrum, die stadsaal, die Parade en die Desmond en Leah Tutu-huis:
# Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, sal Rusland Maandag en Dinsdag besoek, in sy eerste reis na dié land sedert Moskou se militêre aanval in Oekraïne. Hierdie veldtog het betrekkinge tussen Moskou en Nieu-Delhi getoets, al het Indië sy aankope van Russiese olie verhoog en nie by die Westerse sanksies aangesluit nie. Modi en die Russiese president, Vladimir Putin, sal vooruitsigte vir verdere ontwikkeling van tradisioneel vriendelike Russies-Indiese betrekkinge bespreek, asook kwessies van toepassing op die internasionale en streeksagenda.
# Swem: Wêreld-watersport se uitvoerende direkteur, Brent Nowicki, is gedagvaar om te getuig in die Amerikaanse regering se strafregtelike ondersoek na 23 Chinese swemmers. Hulle het voor die Olimpiese Spele in Tokio in 2021 positief getoets vir trimetasidien, wat prestasie kan verbeter. Hulle is egter steeds toegelaat om deel te neem. Chinese amptenare gee voedselbesmetting die skuld vir die positiewe toetse. Elf van die 23 swemmers is gereed om aan vanjaar se Olimpiese Spele in Parys deel te neem.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-22-sent teen die dollar, 19-rand-73-sent teen die euro en 23-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 55-duisend-356-dollar-44-sent. Die prys van goud is twee-duisend-368-dollar-21-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 87-dollar-26-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….