Nuus 17:00
BULLETIN 4 Julie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Kabinetslekgotla gaan die sewende administrasie se belangrikste punte uiteensit
# Die vervolgingsgesag trek aanklagte teen Jub Jub terug
# En, rugby: Beauden Barrett is ‘n plaasvervanger in die All Blacks se eerste toets teen Engeland
# Minister Khumbudzo Ntshavheni het die sewende administrasie se belangrikste prioriteite uiteengesit wat die aanpassing van politieke partyvereistes en die doelwitte van die nasionale ontwikkelingsplan sal insluit. Hierdie belyning verseker samehang en fokus op regeringsbeleid en optrede ten opsigte van uiteenlopende politieke belange. Ntshavheni het op ‘n nuuskonferensie gesê die oorgang van die sesde na die sewende administrasie is voltooi met die inhuldiging van nuwe ministers en adjunkministers:
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het alle aanklagte teruggetrek teen die TV-aanbieder en kletsrymer, Molemo Katlego Maarohanye, bekend as Jub Jub. Die Gautengse streekwoordvoerder, Phindi Mjonondwane, sê ná deeglike oorweging, die aanklaer se verslag en verdedigingsvoorleggings, het die direkteur van Openbare Vervolging onvoldoende bewyse gevind. Sy sê die aanklagte, wat verkragting en poging tot moord insluit, spruit uit bewerings wat deur Jub Jub se eks-meisie en ander vroue gemaak is:
# Die Vereniging vir Brandstofkleinhandelaars sê hulle lede het verliese gely wees die verwarring rondom die aankondiging van die brandstofprys. Die Departement van Minerale en Petroleum Hulpbronne het laat Dinsdag ‘n verklaring uitgereik dat die nuwe pryse vandag in werking tree, en nie soos gewoonlik op ‘n Woensdag nie. Reggie Sibiya van die vereniging sê party kleinhandelaars het hulle pryse te vroeg aangepas, met finansiële verliese. Brandstofpryse het ‘n tweede agtereenvolgende maand gedaal – veral vir petrol en diesel. Sibiya vra tydige aankondigings in die toekoms om verliese te vermy.
# Motoriste kan nou hulle e-skyfies herlaai om by tolplazas te gebruik sonder om hulle e-tolskuld vir die Gautengse Snelwegverbeteringsprojek af te betaal. Sanral bevestig die e-skyfies is op 12 April ontkoppel aan die ooppad-tol. Alle fondse op die e-tolrekening word nou net gebruik vir tolplaza-transaksies of betaling vir parkering. Die geskiedkundige verbeteringprojekskuld van 43-miljard-rand bly onopgelos. Gauteng het ingestem om 30-persent by te dra om Sanral se skuld te delg, terwyl die nasionale regering 70-persent sal dek. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, steun die verskuiwing na elektroniese tol.
# Rugby: Die nuwe All Black-afrigter, Scott Robertson, het die ster-losskakel Beauden Barrett as plaasvervanger ingesluit vir Saterdag se eerste toets teen Engeland in Dunedin, en die nommer tien-trui vir Damian McKenzie gegee. McKenzie se skakelmaat is TJ Perenara, wat die eerste keer terug is nadat hy in 2022 sy haksening geskeur het. Barrett se broer Scott maak sy buiging as kaptein van Nieu-Seeland, met agt spelers wat in Oktober in die opdrafspan was toe hulle in die Wêreldbeker-eindstryd teen die Springbokke verloor het.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-30-sent teen die dollar, 19-rand-76-sent teen die euro en 23-rand-34-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 57-duisend-147-dollar-45-sent. Die prys van goud is twee-duisend-357-dollar-98-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 87-dollar-6-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….