Nuus 15:00
BULLETIN 3 Julie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunkpresident Paul Mashatile is amptelik ingehuldig
# Saai sê verskeie kwessies vereis die nuwe minister van Landbou se dringende aandag
# En, tennis: Twee mans-gunstelinge is vandag in aksie in die tweede ronde van Wimbledon
# Adjunkpresident Paul Mashatile is amptelik ingehuldig, wat die begin aandui van sy pligte in die sewende administrasie. Dit volg op president Cyril Ramaphosa se aankondiging van ministers en hulle adjunkte, wat ook by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum ingehuldig word. Hoofregter Raymond Zondo behartig die plegtigheid. Mashatile het beloof om homself toe te wy aan die welstand van die republiek:
Die Suider-Afrika Agri Inisiatief sê intussen daar is verskeie kwessies in die landbousektor wat die dringende aandag vereis van die nuwe minister van Landbou, John Steenhuisen, sowel as die nuwe minister van Vervoer, Barbara Creecy. Theo de Jager van Saai sê die diere-bedryf is onder druk en dit sal Steenhuisen baat om so gou moontlik ‘n inklusiewe werksvergadering met veeboere te hou:
# Die ma van die vermiste Britse tiener, Jay Slater, sê woorde kan nie die pyn en angs beskryf wat sy en haar gesin oor sy verdwyning deurmaak nie. Debbie Duncan sê hulle is ‘n baie hegte gesin en is verpletter oor sy verdwyning. Die 19-jarige, van Lancashire, is laas op 17 Junie gesien toe hy teruggestap het na sy verblyf terwyl hy op Tenerife vakansie gehou het. Daar was ‘n uitgebreide soektog in die gebied, maar hy is nie gevind nie. Hoewel die soektog op die grond geëindig het, gaan die Spaanse polisie steeds voort met hul ondersoeke.
# Tennis: Die twee gunstelinge in die mans-afdeling van Wimbledon is vandag op die baan in die tweede ronde. Die wêreld-nommer een, Jannik Sinner van Italië, speel teen sy ongekeurde landgenoot, Matteo Berrettini, vir ‘n plek in die derde ronde. Die verdedigende kampioen, die derde gekeurde Spanjaard Carlos Alcaraz, speel teen Aleksandar Vukic van Australië. Uit ‘n Suid-Afrikaanse oogpunt, sal die belangstelling in Lloyd Harris se wedstryd teen die 14de gekeurde Amerikaner, Ben Shelton, wees. Die tweede gekeurde Coco Gauff sal teen die Roemeen Anca Todoni in die vroue-afdeling te staan kom.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-48-sent teen die dollar, 19-rand-88-sent teen die euro en 23-rand-47-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-320-dollar-27-sent. Die prys van goud is twee-duisend-344-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-26-sent per vat.
# En, ‘n verslag deur SpendTrend24, in samewerking met Visa, toon digitale beursie-transaksies kan teen 2028 verdubbel. Suid-Afrika het in 2023 ‘n nege-persent toename gesien in die gebruik van digitale beursies vir aankope in winkels, met aanlyn besteding wat vyf keer meer was as winkel-aankope. Klante van Discovery-bank het voorgeloop met beide aanlyn en winkelbestedingsgroei. Hoë inflasie veroorsaak ook glo dat verbruikers digitale beursies verkies vir belonings en sekerheid.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….