Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 1 Julie 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# SACCI vertrou die nuwe regering sal aandag gee aan armoede, werkloosheid en ongelykheid
# Al Jama-ah wens Ganief Hendricks geluk met sy aanstelling as adjunkminister
# En Olimpiese Spele: Simone Biles is op pad na Parys
# Die Suid-Afrikaanse Kamer vir Handel en Nywerheid versoek politieke partye in president Cyril Ramaphosa se regering van nasionale eenheid om voorrang te gee aan die land se belange en bestendigheid te handhaaf. Hulle vertrou die nuwe kabinet sal aandag gee aan armoede, werkloosheid en ongelykheid. Die kamer se uitvoerende hoof, Allen Mukoki, vra ‘n deursigtige keuringsproses wat op meriete gegrond is, en doeltreffende konflikbestuur om suksesvolle regering te verseker en die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te bereik:
Al Jama-ah het intussen sy leier, Ganief Hendricks, gelukgewens met sy aanstelling as die adjunkminister van Maatskaplike Ontwikkeling. Die nasionale woordvoerder, Shameemah Sali, het Hendricks se verbintenis tot maatskaplike geregtigheid en sy voorspraak vir maatskaplike welsyn beklemtoon. Sali sê Hendricks is daarop ingestel om maatskaplike beleide te verbeter, kwesbare gemeenskappe op te hef en volhoubare ontwikkeling te bevorder. Sy sê Al Jama-ah beloof sy volle ondersteuning in die nuwe rol:
# Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het die afgelope jaar aansienlike regulatoriese stappe aangemeld wat verbruikersbeskerming en markintegriteit in finansies afgedwing het. Hoogtepunte sluit in boetes ter waarde van 943-miljoen-rand aan 31 individue, 156 uitskakelings, 104 openbare waarskuwings en die opskorting van een-duisend-en-61 lisensies. Opmerklike gevalle het markmisbruik en die onwettige neem van deposito’s behels, wat ‘n pro-aktiewe standpunt teen finansiële wangedrag weerspieël. Die owerheid het ook aandag geskenk aan toenemende bedreigings soos swendelary en nabootsing, met die klem op waaksaamheid in finansiële transaksies.
Nog sakenuus: Die tweepot-aftreestelsel wat op 1 September in werking tree, sal jong Suid-Afrikaners in staat stel om beduidend meer vir hulle oudag te spaar deur onmiddellike finansiële behoeftes na te kom, maar terselfdertyd langtermyn besparings te behou. Navorsing deur Keri-lee Edmond van Ou Mutual Korporatiewe Konsultante toon jong werkers kan teen aftrede tot 9,5-keer hulle jaarlikse salaris spaar. Die stelsel verseker twee-derdes van spaargeld word gebruik om ‘n annuïteit aan te koop wat finansiële sekerheid verskaf.
# Olimpiese Spele: Die viermalige gouemedalje-wenner, Simone Biles, het haar plek op die Olimpiese Spele in Parys bespreek. Die Amerikaanse gimnas het haar derde Olimpiese deelname verdien toe sy skoonskip gemaak het op die Amerikaanse gimnastiek-proewe. Die 27-jarige sal saam met Suni Lee, Jade Carey, Jordan Chiles en Hezly Rivera deelneem. Biles het haar deelname aan die Spele in Tokio kortgeknip om voorkeur te gee aan haar veiligheid en geestesgesondheid.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-3-sent teen die dollar, 19-rand-39-sent teen die euro en 22-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-830-dollar-86-sent. Die prys van goud is twee-duisend-329-dollar-63-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-27-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….