Nuus 08:00
BULLETIN 29 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Dali Mpofu sê die ANC het die rewolusie aan die DA uitverkoop met die regering van nasionale eenheid-ooreenkoms
# Solidariteit pleit vir die verlenging van AGOA-lidmaatskap vir Suid-Afrika
# En, beurtkrag is nou al vir drie maande ononderbroke opgeskort
# Die voormalige nasionale voorsitter van die EFF, Dali Mpofu, sê die ANC het die rewolusie uitverkoop om die ongeregtighede van die verlede reg te stel deur met regsgesinde magte soos die DA in die regering van nasionale eenheid saam te werk. Mpofu het tydens ‘n EFF-potgooi oor die regeringsonderhandelings gepraat. Hy sê die ANC het besluit om met die DA in die bed te spring, wat nou die mag het om enige poste te eis:
# Die vakbond Solidariteit het formeel gevra vir die verlenging van Suid-Afrika se lidmaatskap van die Afrika Groei en Geleenthede-ooreenkoms met Amerika. Dit kom te midde van voortuderende hersiening van AGOA in die Amerikaanse Kongres met die ooreenkoms wat volgende jaar verstryk. Solidariteit se ekonomiese navorser, Theuns du Buisson, sê die ooreenkoms bevoordeel byna 30-duisend van sy lede in sektore soos chemikalieë, motorvervaardiging, en die sitrusbedryf:
# Samwu is verlig oor die bedanking van George-munisipaliteit se munisipale bestuurder, Michele Gratz. Hulle het haar outokratiese bestuurstyl en swak arbeidsverhoudings gekritiseer. Die vakbond vra aanspreeklikheid vir die vrugtelose uitgawes tydens Gratz se ampstermyn en eis ‘n hersiening van kontrakte en dissiplinêre sake in die Suid-Kaapse stad. Samwu se sekretaris, John Mcanjana, vra ook ‘n ondersoek na diensverskaffers wat tydens haar ampstermyn aangestel is en die uitbuiting van uitgebreide openbarewerke-programwerkers. Mcanjana hoop haar vertrek sal lei tot beter arbeidsverhoudings en finansiële bestuur.
# Krieket: Suid-Afrika staan vanmiddag voor ‘n Dawid teen Goliat-stryd in die eindstryd van die T20 Wêreldbeker teen Indië op die Kensington-ovaal. Die Proteas wil hulle eerste Wêreldbeker-trofee verower nadat hulle Afghanistan met nege paaltjies geklop het. Indië het Engeland met 68 lopies verslaan en sal na verwagting klipharde teenstanders wees. Spelers soos snelbouler Kagiso Rabada en kolwer, Quinton de Kock sal hulle vaardighede ten toon stel teen ‘n Indiese span met veterane, insluitend kolwer Virat Kohli, in ‘n opwindende kragmeting.
# En, Eskom is trots op die voortgesette opskorting van beurtkrag, wat nou al vir 93 agtereenvolgende dae in werking is. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die tydperk van stabiliteit word toegeskryf aan die kragnutsmaatskappy se toegewyde pogings om die betroubaarheid en die prestasie van sy steenkoolvloot te verbeter. Mokwena sê Eskom bly verbind tot die doeltreffende bestuur van krag-aanvraag tydens piek tye:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….