Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 28 Junie 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig onderhandelaars het gisteraand geskarrel om die regering van nasionale eenheid te red nadat onenigheid tussen die ANC en DA oor die ministerie van Handel en Nywerheid gedreig het om die proses in duie te laat stort. ‘n Telefoongesprek tussen president Cyril Ramaphosa en die DA-leier John Steenhuisen het die dooiepunt glo verbreek.
# En Mail & Guardian op Vrydae:
Het reusefoto’s van Steenhuisen en Ramaphosa op sy voorblad met die opskrif: “WHO WILL BLINK FIRST?”
GAUTENG:
# Beeld:
Berig ook oor die DA en ANC wat sukkel om tot ‘n vergelyk te kom oor die regering van nasionale eenheid. Die koerant skryf die rand het weer teruggesak as gevolg van die probleme.
En tweedens is daar ‘n berig oor die Proteas wat deurgedring het na die eindstryd van die T20 Wêreldbeker.
# The Star en Pretoria News:
Skryf die ANC en DA stamp koppe oor die regering van nasionale eenheid.
En berig ook oor die Proteas se deurbraak
# Sowetan:
Lei met “14 DAYS, 4 LETTERS, 0 DEAL”. Die koerant skryf en so wag ons en wag ons.
# En The Citizen:
Skryf soos talle ander koerante ook oor die teëspoed wat die onderhandelinge opgetel het en die Proteas se kanse in die T20 Wêreldbeker-einstryd.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Het dieselfde hoofberig as Beeld oor die onderhandelings.
En tweedens word berig die Vrystaatse Cravenweek-span met 15 spelers van Grey Kollege, het die Bulle se span met 34-27 geklop.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Het dieselfde hoofberig as die twee susterskoerante.
En tweedens skryf die koerant oor die voormalige hoogspringkampioen, Jacques Freitag wat op 12 Junie vermis geraak het.
# En Cape Times:
Skryf die DA se eise kan die regering van nasionale eenheid in duie laat stort en die ANC dwing om ander vennote te soek.
En tweedens word berig die Proteas is op die rand van wêreldglorie.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig daar is tydens die ontvoeringsverhoor van Riana Pretorius beweer die misdaad is beplan met haar en haar kêrel se samewerking om na bewering ‘n miljoen-rand van haar pa af te dreig.
En tweedens skryf die koerant terwyl ‘n gesin van Gqeberha angstig op hul 19-jarige dogter se terugkeer gewag het, het haar liggaam reeds in die lykshuis gelê nadat sy vroeër doodgeskiet is.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf daar is krake in KwaZulu-Natal se regering van nasionale eenheid.
En berig eThekwini is gedeeltelik onder administrasie geplaas.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die Namibiese vise-president, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die Nama- en Ovaherero-volksmoordslagoffers se afstammelinge gewaarsku om hul skadevergoedingseise noukeurig te oorweeg.
En skryf tweedens ‘n advokaat-egpaar van Windhoek het ‘n skool en onderwyseres gedagvaar omdat die skool weier om hul 16-jarige seun wat na bewering afgeknou word na ’n ander klas te skuif.