Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 27 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Nestlé se Skimmelkrans-suiwelplaas in George in die Suid-Kaap word geloof vir die uitlewing van die groep se volhoubaarheidsdoelwitte. Skimmelkrans is ‘n pionier met lae-koolstof-uitlatings en pas herlewende landbou toe, met die verlaging van metaan-uitlatings deur innoverende voer-proefnemings en verwerking van mis. Die plaas integreer sonkrag en waterhergebruik, terwyl die fabriek belê in waterherwinning en mik na 100-persent herwinbare verpakking. Die perseel is ‘n toonbeeld van Nestlé se toewyding aan volhoubare suiwelproduksie en steun hulle teiken van afvalvrye operasies en netto-zero uitlatings teen 2050.
# Die Stad Kaapstad sê hy herontwerp en opgradeer die keerwalle by Zeekoevlei en Rondevlei in die Valsbaai-natuurreservaat. Die onderburgemeester Eddie Andrews sê die voorgestelde herontwikkeling versterk ander mediumtermyn-ingrypings, wat baggerwerk by Zeekoevlei insluit om die watergehalte van die vleiland te verbeter:
# En, Chris Oosthuizen van die Universiteit van Kaapstad sê ‘n nuwe studie onder leiding van sy navorsers het beeldmateriaal van diere en bewegingsensordata met masjienleer-algoritmes gekoppel om te toon hoe kenband-pikkewyne hulle prooi vang. Dit sal wetenskaplikes in staat stel om prooi-verorbering by die pikkewyne te monitor en lingting verskaf wat sal bydra om bewaringstrategieё te ontwikkel. Die kennis oor hoe pikkewyne kos soek, het die laaste dekades baie vinnig ontwikkel met vernuwende tegnologie wat dit moontlik maak om hulle op ‘n afstand te monitor.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….