Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 26 Junie 5 nm
Goeiemiddag. Ek is………
In die bulletin:
# ‘n Vrou is in ‘n oënskynlike huurmoord doodgeskiet toe sy op Metrobus in Fleurhof, Johannesburg, klim
# Die KwaZulu-Natalse premier vra vinnige, doeltreffende verligting in die tornado-geteisterde Tongaat
# En, liggaamsbou: ‘n Suid-Afrikaanse liggaamsboukampioen bring spiere na die Universiteit van Fort Hare se droom
# Die polisie is op soek na ‘n verdagte wat verbind word met vanoggend se noodlottige skietery van ‘n vrou op ‘n Metrobus in Fleurhof, Roodepoort. Daar word beweer die vrou het op die bus geklim op pad na Sunninghill, waar sy in ‘n bank gewerk het. Die burgemeesterskomiteelid vir Vervoer in Johannesburg, Kenny Kunene, doen ‘n beroep op owerhede om te verseker die verdagte word aangekeer:
# Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, het deurlopende ondersteuning bepleit vir inwoners van Tongaat ná die onlangse tornado. Hy doen ‘n beroep op maatskaplike vennote en skenkers om voedselhulp te verskaf. Die storm het groot skade aangerig, twaalf mense is dood en meer as een-duisend-200 gesinne is ontwortel, met verliese van meer as 1,3-miljard-rand. Ntuli beklemtoon die dringendheid van herboupogings om normaliteit vir inwoners wat geraak is, te herstel:
# Dis vandag presies twee jaar sedert die tragedie by die Enyobeni-taverne in Scenerypark, Oos-Londen, waar 21 slagoffers dood is by ‘n na-eksamen-partytjie. Taverne-eienaars Siyakangela en Vuyokazi Ndevu is daaraan skuldig bevind dat hulle alkohol aan minderjariges verkoop het en is met vyf-duisend-rand beboet. Die sameroeper van die Nasionale Alkoholhandelaarsraad, Lucky Ntimane, wys op die noodsaaklikheid van verbeterde strukture om te verseker minderjariges het nie toegang tot alkohol nie:
# Liggaamsbou: Die Universiteit van Fort Hare sê Zolile Valiphatwa, Buhle Nontswabu, Nsikelelo Khatywa, Smilo Mngweba en Alivile Dasha van Fort Hare se liggaamsbouspan, is besig om hul spiere te span ter voorbereiding vir die Universiteitsport Suid-Afrika-toernooi Sondag in Vanderbijlpark. Een van Fort Hare se gunstelingseuns, die dubbele Suid-Afrikaanse liggaamsboukampioen, Chris Nguta, het na sy alma mater teruggekeer om sy span van 13 lede vir vanjaar se USSA-toernooi voor te berei. Die 36-jarige voormalige nasionale bantam- en weltergewig-titelhouer het in April aan boord gekom.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-19-sent teen die dollar, 19-rand-42-sent teen die euro en 22-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-434-dollar-72-sent. Die prys van goud is twee-duisend-303-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-13-sent per vat.
# Ten slotte: Nege gesinne in Louisiana het die staat gedagvaar oor ‘n nuwe wet wat bepaal elke klaskamer in ‘n openbare skool moet ‘n plakkaat met die Tien Gebooie vertoon. Dit is die eerste wet van sy soort in Amerika en het betrekking op alle klaskamers tot en met universiteit. Die klagte word ondersteun deur burgerregtegroepe en voer aan so ‘n vertoning is in stryd met die Eerste Amendement van die Amerikaanse Grondwet, wat vryheid van godsdiens waarborg en die vertoning plaas “druk” op studente om die staat se voorkeur-godsdiens aan te neem.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….