Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 25 Junie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party beskou homself as die amptelike opposisie en beplan samewerking met die EFF en ATM
# Numsa verwelkom die ondertekening van ‘n bo-inflasie-loonooreenkoms met Almar Beleggings
# En, krieket: Afghanistan loof Brian Lara se inspirasie in sy T20 Wêreldbeker-heldedaad
# Die MK-party beskou homself as die amptelike opposisie en beplan samewerking met die EFF en ATM. Die nuwe lid van die Parlement, John Hlophe, wat pas ingehuldig is, wys op die tandekryprobleme met die regering van nasionale eenheid en skryf dit toe aan verskillendes waardes van partye. Hlophe sê hy het nog geen besluit geneem oor of hulle ‘n voorstel sal steun om president Cyril Ramaphosa oor die Phala Phala-skandaal in ‘n staat van beskuldiging te plaas nie:
# Die Nasionale Unie van Metaalwerkers verwelkom die ondertekening van die loonooreenkoms met Almar Beleggings, van Wonderkop in Noordwes. Die woordvoerder van Numsa, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond het ‘n loonooreenkoms van drie jaar onderteken wat bo inflasie is en neerkom op sewe-persent vir elke jaar van die ooreenkoms. Hlubi-Majola sê hulle probeer altyd om die lewens van werkers en hulle gesinne te verbeter en hierdie loonooreenkoms is ‘n bewys daarvan:
# Die premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul, beklemtoon die gereedheid van die provinsiale regering om vordering ‘n hupstoot te gee om sodoende werkloosheid, die bevordering van die ekonomie, verbetering van onderwys en infrastruktuur en uitdagings in die energiesektor aan te spreek. Saul het tydens sy intreerede planne met verskeie organisasies uitgelig om vaardigheidsontwikkeling te verbeter:
# Die Keniaanse polisie het traanrook gebruik op skares jong betogers in die hoofstad Nairobi, nadat betogers regoor die land saamgetrek het teen die regering se voorgestelde belastingverhogings. Die saamtrekke, wat hoofsaaklik deur Gen-Z gelei is en verlede week begin het, het president William Ruto se regering verras, met die Keniaanse leier wat sê hy is gereed om met die betogers te praat. Daar was ‘n swaar polisieteenwoordigheid in Nairobi se sakekern met beamptes wat toegang tot die parlement versper het, waar parlementslede die omstrede finansiële wetsontwerp met die belastingvoorstelle, bespreek.
# Krieket: Die kaptein van Afghanistan loof die inspirasie van krieketlegende, Brian Lara, wat hulle gehelp het om ‘n plek in die T20 Wêreldbeker te beklink. Die span het dit reggekry danksy ‘n naelbyt-oorwinning met agt lopies teen Bangladesj, wat meegebring het dat die magtige Australië uitgeskakel is. Volgens Khan het hulle Lara reg bewys – die enigste een wat voorspel het Afghanistan sal die halfeindronde haal. Afghanistan speel nou môre in die eerste halfeindstryd teen die onoorwonne Suid-Afrika in Trinidad.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-16-sent teen die dollar, 19-rand-43-sent teen die euro en 23-rand-3-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-282-dollar-67-sent. Die prys van goud is twee-duisend-323-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-87-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….