Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Junie 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Lugbesoedeling het in 2021 na wat berig word die dood van drie-duisend-365 kinders onder vyf jaar in Suid-Afrika veroorsaak, met die verbranding van fossielbrandstof as die grootste oorsaak. Die verslag oor wêreldwye luggehalte dui daarop dat 80-persent van die sterftes binne 28 dae na geboorte voorkom. Meer as 34-duisend van alle kindersterftes word met lugbesoedeling verbind. Wêreldwyd het lugbesoedeling 8,1-miljoen mense in 2021 geëis. UNICEF vra Suid-Afrika om klimaatbeleid wat op kinders fokus is te bevorder in lyn met sy landswye teiken vir Maart 2025.
# Eskom gaan vrystellings aanvra van Minimum Uitstralings-standaarde vir vyf steenkoolstasies wat ná 2030 nog gaan werk. Die voormalige minister van Omgewingsake, Barbara Creecy het toestemming verleen dat Hendrina, Grootvlei, Arnot, Camden en Kriel teen huidige beperkings tot 31 Maart 2030 bedryf kan word. Eskom moet binne 12-maande ‘n plan vir die sluiting van die kragstasies indien. Bykomende vrystellingsaansoeke vir ander stasies is ook binne 60-dae verskuldig.
# En, meer as ‘n miljoen mense in die noordelike gebiede van Amerika se Midde-Weste is teen oorstromings gewaarsku nadat swaar reën in verskeie state veroorsaak het dat mense ontruim en gered moes word. Iowa en Suid-Dakota is die ergste getref en sommige riviervlakke sal na verwagting binne die volgende paar dae rekord-hoogtes bereik. Die hewige storms kom voor terwyl dele van die land deurloop onder ʼn week lange hittegolf en temperature in sommige stede tot rekordhoogtes styg. Wetenskaplikes sê uiterste weerstoestande neem toe en vererger weens mensgemaakte klimaatsverandering.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….