Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Junie 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
#Die EFF sê die DA se mislukking om rassisme aan te spreek bedreig swart Suid-Afrikaners
# Meer as drie-duisend sterftes van Suid-Afrikaanse kinders onder vyf jaar in 2021 word met lugbesoedeling verbind
# En, motorsport: Max Verstappen word die Spaanse meester terwyl Lewis Hamilton na die podium terugkeer
# Die EFF veroordeel die DA vir voortgesette rassisme en wit oorheersing. Die party verwys na ‘n video van die DA-leier Ian Cameron met ‘n swartgesmeerde gesig by ‘n AfriForum-betoging in 2012 en ander voorbeelde van rassistiese retoriek deur DA-lede van die Parlement. Die woordvoerder van die EFF Leigh-Ann Mathys sê die DA se optrede en beskerming van sulke leiers bedreig gelykheid en die demokrasie in Suid-Afrika:
# Lugbesoedeling het in 2021 na wat berig word die dood van drie-duisend-365 kinders onder vyf jaar in Suid-Afrika veroorsaak, met die verbranding van fossielbrandstof as die grootste oorsaak. Die verslag oor wêreldwye luggehalte dui daarop dat 80-persent van die sterftes binne 28 dae na geboorte voorkom. Meer as 34-duisend van alle kindersterftes word met lugbesoedeling verbind. Wêreldwyd het lugbesoedeling 8,1-miljoen mense in 2021 geëis. UNICEF vra Suid-Afrika om klimaatbeleid wat op kinders fokus is te bevorder in lyn met sy landswye teiken vir Maart 2025.
# Die Stad Kaapstad onderbreek van vandag tot Woensdag watertoevoer na die Kaapse Vlakte en dele van die suidelike voorstede vir 72 uur om noodsaaklike instandhoudingswerk te doen. Groot dele van die stad is sonder water. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê watertenkwaens word ontplooi om oor die drie dae noodverligting te bied:
# ‘n Hommeltuig-aanval deur die Israelse Weermag het die dood veroorsaak van Ayman Ratma, een van Hamas se sleutel-wapenverskaffers in die Bekaa-vallei. Die weermag beweer Ratma het gehelp om wapenvoorraad uit Libanon te gelei vir Hamas en Jamaa Islamiya – ‘n tak van die Moslem-broederskap. Hulle sê hulle het Ratma geteiken weens se betrokkenheid in die bevordering en uitvoering van terroriste-bedrywighede teen Israel in die onmiddellike toekoms, asook sy betrokkenheid by die bevordering van terreur-optrede teen Israelse burgerlikes.
# Motorsport: Red Bull se driemalige wêreldkampioen, Max Verstappen het gister die Spaanse Grand Prix van McLaren se Lando Norris gewen om sy voorsprong in die wêreldkampioenskap te vergroot. Lewis Hamilton het die derde plek ingeneem by die Barcelona-Catalunya-baan. Dit was Mercedes se sewemalige voormalige kampioen se eerste podiumplek van die seisoen. Vir Verstappen was dit sy 61ste loopbaanoorwinning, sewende van die seisoen, en vierde op die baan waar hy in 2016 as tiener die eerste keer op die F1-toneel verskyn het. Die Nederlander jaag oor ‘n week in Red Bull se tuisren in Spielberg.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-5-sent teen die dollar, 19-rand-34-sent teen die euro en 22-rand-85-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-325-dollar-80-sent. Die prys van goud is twee-duisend-330-dollar-98-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-50-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….