Nuus 13:00
BULLETIN 23 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA veroordeel Zizi Kodwa se terugkeer na die Parlement te midde van korrupsieklagtes
# Tshwane ondersoek watervoorraad-sabotasie in Rethabiseng
# En, motorsport: Norris skud ‘n McLaren-brand af en spring voor weg in Spanje
# ActionSA veroordeel die terugkeer van die korrupsie-beskuldigde Zizi Kodwa na die Parlement skerp. Die staatskapingsverslag het bevind Kodwa het omkoopgeld van 1,6-miljoen-rand ontvang. Die party kritiseer die ANC oor die stap en voer aan dit ondermyn die oppergesag van die reg. Athol Trollip van ActionSA vra die ANC om die Parlement se integriteit voorop te stel deur Kodwa se kandidaatskap terug te trek:
# Die Stad Tshwane veroordeel die sabotasie in Rethabiseng, streek sewe, wat ‘n uitgerekte water-onderbreking veroorsaak het. Die stadbestuurder Johann Mettler noem die optrede boos en barbaars en vra wetstoepassers om dit te ondersoek. Die woordvoerder Selby Bokaba sê tegnici het watertoevoer herstel na die meeste gebiede, behalwe die hoogliggende dele wat steeds deur die sabotasie ontwrig word:
# Die sterftesyfer in die Oos-Kaap in twee afsonderlike padvoorvalle het tot minstens nege gestyg. Dit behels drie sterftes, onder andere ‘n polisie-speurder, in ‘n kettingbotsing op die N2 naby Kei Cuttings. In nog ‘n treurspel op die R61 in Mbizana is ses voetgangers dood na ‘n tref-en-trap-voorval deur ‘n bestuurder wat in ‘n wit BMW gejaag het. Die ondersoeke duur voort. Die Departement van Vervoer vra weer alle padgebruikers om versigtig en waaksaam te wees.
# In streng optrede teen oorgrensmisdaad in die noorde van KwaZulu-Natal, het die Landdroshof in Mtubatuba ‘n voertuigkaper en smokkelaar Sipho Mhlanga 53 jaar tronk toe gestuur. Mhlanga, wat verbind word met ‘n sindikaat wat voertuie na Mosambiek smokkel, is skuldig bevind op talle aanklagte, waaronder moord en roof. Die polisie-woordvoerder Athlenda Mathe sê ‘n gesamentlike aksieplan met Mosambiek keer sulke misdade met gereelde oorgrens-operasies:
# En, motorsport: Lando Norris het die drama van ‘n brand in sy McLarenspan se gasvryheidstent afgeskud vir “die beste ronde van sy lewe” waarmee hy Max Verstappen die voorste wegspringposisie ontneem het in die oefenrondes van die Spaanse Grand Prix. Norris het vir sy “wonderwerkronde” gesorg ondanks die stres van die brand. Lewis Hamilton is in die tweede ry, saam met sy Mercedesspanmaat George Russell. Saam met Charles Leclerc in die derde ry, is sy Ferrari-spanmaat en tuisgunsteling Carlos Sainz. Hulle spring drie-uur vanmiddag weg.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….