Nuus 09:00
BULLETIN 23 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Everest Wealth sê nuwe die kabinet-aanstellings sal die rigting van ekonomiese hervorming bepaal
# Die Parlement huldig Dinsdag 58 MK-partylede in
# En, rugby: Glasgow Warriors veg terug van ‘n 13-punt agterstand en skok die Bulle in ‘n opwindende VRK-eindstryd
# Everest Wealth sê die aanstelling van president Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet sal die regering van nasionale eenheid toets. Daar is groot afwagting oor of Ramaphosa dapper sal wees ter wille van ekonomiese hervorming met sleutel-aanstellings, veral in portefeuljes soos finansies. Terwyl daar verwag word die DA sal kabinetsposte kry, bly beleidsverskille tussen koalisievennote ‘n uitdaging. Die uitvoerende hoof van Everest Wealth, Thys van Zyl, sê die nuwe kabinet sal deurslaggewend wees teen ongelykheid, armoede en werkloosheid, en vir die herstel van beleggersvertroue.
In ‘n verwante verwikkeling word die MK-party se 58 verkose lede Dinsdag ingehuldig nadat hulle die eerste sitting van die Nasionale Vergadering misgeloop het. Die Parlement bevestig ‘n kennisgewing van die party oor die aanvul van sy lys van kandidate met nog 21 lede. Die speaker Thoko Didiza sal die plegtigheid behartig. Die parlementêre woordvoerder Moloto Mothapo sê reis in verblyfreëlings word getref:
# Die polisie in Gauteng het in Johannesburg se stadskern afgekom op meer as 18-duisend vervalste goedere ter waarde van 15,5-miljoen-rand. Die nasionale teenvervalsings-eenheid en hulle vennote het toegeslaan op ‘n winkelsentrum in Rahima Moosa- en Von Wielligh-straat. Die polisie-woordvoerder Amanda van Wyk sê daar was versteekte skoene, sportdrag, handsakke, pette en parfuum. Die afgelope drie weke is daar beslaggelê op vervalste goedere ter waarde van byna 28-miljoen-rand:
# Rugby: Glasgow Warriors se indrukwekkende 21-16 inhaal-oorwinning gisteraand op Loftus het die Bulle geskok in ‘n opwindende Verenigde Rugby Kampioenskap-eindstryd. Glasgow, met die Suid-Afrikaner Franco Smith as afrigter, was rustyd 13-7 agter, maar ‘n vasberade poging in die tweede helfte het die skare stilgespeel. Die Bulle se drie is gedruk deur Marco van Staden. Dis verdoel deur Johan Goosen, wat ook met drie strafskoppe geslaag het. Glasgow se drieë is gedruk deur Scott Cummings, George Turner en Huw Jones, en al drie is verdoel deur George Horne.
# En, alle gesondheidsentrums en hospitale in Bangladesj is beveel om teengif in voorraad te hê na ‘n vlaag slangbyte regoor die land, veral deur die Russell-adder. Die slang, met knaagdiere as prooi, kom dikwels naby landbou-nedersettings voor. Wetenskaplikes glo die slang het aangepas by verskillende klimaatstoestande en kom nou in meer as 25 distrikte in Bangladesj voor. Nagenoeg sewe-duisend mense sterf elke jaar in Bangladesj na slangbyte. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê slangbyte is ‘n afgeskeepte tropiese gevaar en maak optrede daarteen ‘n prioriteit.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….