Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 21 Junie 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Afgedankte regter John Hlophe is aangewys as die MK Party-hoofsweep in die Parlement
# RISE Mzansi versoek Ramaphosa om ‘n toepaslik gekwalifiseerde minister van Sport, Kuns en Kultuur aan te stel
# En fietsry: Verdedigende kampioen Jonas Vingegaard herstel betyds vir die Tour de France
# Die voormalige Regterpresident van die Wes-Kaap, John Hlophe, is as hoofsweep van die MK Party in die Parlement aangewys. Hlophe se aanstelling volg op sy onlangse afdanking nadat hy regters probeer beïnvloed het in ‘n saak oor oudpresident Jacob Zuma. ‘n Ondersoek deur die Regterlike Dienskommissie het bevind Hlophe het in 2008 voelers uitgesteek na twee van die elf regters van die Konstitusionele Hof om Zuma te bevoordeel in die saak oor die omstrede wapentransaksie. Hy is die eerste regter wat sedert die aanbreek van die demokrasie in die pad gesteek is.
# RISE Mzansi sê hy het ‘n brief aan president Cyril Ramaphosa gerig in afwagting van die aankondiging van sy nuwe Kabinet, waarin hy versoek word om ‘n toepaslik gekwalifiseerde minister vir die Departement van Sport, Kuns en Kultuur aan te stel. Tebogo Moalusi van RISE Mzansi sê ná verskeie gesprekke met verskillende belanghebbendes, lede en kunstenaars in die kulturele en kreatiewe bedryf, is diep kommer uitgespreek oor die huidige stand van die leierskap in die departement:
# Die Stad Kaapstad sê hy het steun verleen aan die Sinovuyo-klub vir senior burgers in Ilitha-park, Khayelitsha, deur die Gemeenskapontwikkelingswerkersprogram en die Wes-Kaapse regering. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Afvalbestuur, Grant Twigg, sê die program het noodsaaklike opleiding aan senior burgers gebied om hulle vaardighede soos kralewerk, groentetuine en naaldwerk te leer:
# ‘n Man is dood ná massabetogings teen voorgestelde belastingverhogings in die Keniaanse hoofstad. Amnestie Internasionaal sê ‘n betoger is geskiet. Die betogings is grootliks gelei deur Gen-Z Keniane, en het vroeër hierdie week in Nairobi begin voordat dit landwyd versprei het. Dit is aangewakker deur wydverspreide ontevredenheid oor president William Ruto se ekonomiese beleid, aangesien talle reeds worstel met ‘n lewenskostekrisis. Gister se betogings was meestal vreedsaam, maar beamptes het traanrook en ‘n waterkanon ingespan om mense uiteen te jaag wat naby die parlement betoog het.
# Fietsry: Die dubbele verdedigende kampioen, Jonas Vingegaard, sal vanjaar aan die Tour de France deelneem nadat hy van ernstige beserings herstel het. Vingegaard is in die hospitaal opgeneem nadat hy met ‘n massa-ongeluk tydens die Tour de Basque in April ribbes en ‘n sleutelbeen gebreek het, en ‘n long beskadig het. Hy was ‘n maand later weer op die fiets en sê hy het genoeg vertroue om by die wegspringstreep te wees vir die wedren van 29 Junie tot 21 Julie, wat in Florence, Italië begin.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-91-sent teen die dollar, 19-rand-14-sent teen die euro en 22-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-652-dollar-80-sent. Die prys van goud is twee-duisend-364-dollar-78-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-51-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….