Nuus 18:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 20 Junie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA kan Beaufort-Wes alleen regeer na tussenverkiesing-oorwinnings
# Die IVP wen sewe wyke in KwaZulu-Natal
# En, rugby: Die Jakaranda-kinderhuis se kinders is in die voorste gestoeltes by die VRK-eindstryd
# Die DA het ‘n volstrekte meerderheid in Beaufort-Wes se tussenverkiesings verseker, wat die party toelaat om die munisipaliteit onafhanklik te regeer. Die oorwinning in wyke een, drie en ses in die Sentraal-Karoo het die PA, ANC en Karoo Democratic Force vervang. Die DA-lid, Daylin Mitchell, sê hierdie uitkoms beloof ‘n nuwe era vir die dorp wat geteister word deur korrupsie en swak dienslewering:
In KwaZulu-Natal het die IVP sewe uit 12 betwiste wyke in tussenverkiesings ingepalm. Die party het die meerderheid in wyk 12 in Newcastle, wyk tien in uMvoti, wyk tien in uMthonjaneni, wyk 15 in uPhongolo, wyk elf in Nongoma, en wyke nege en 19 in die uMzumbe-munisipaliteite, baie wat voorheen ANC-wyke was. Die DA vier ook Newcastle se wyk vyf-oorwinning. Die IVP-lid, Ntandoyenkosi Shabalala, sê die nuwe raadslede moet wyle Mangosuthu Buthelezi se leierskap nastreef:
# Die Nasionale Raad van DBV’s het aan die minister van Verdediging, Thadi Modise, geskryf oor die oorbevolking van swart wildebees by die Barney Molokoane-basis van die Nasionale Weermag in die Vrystaat. Die raad eis antwoorde oor die diere, na raming tussen 300 en 400. Die vereniging is besorg oor hulle lewensomstandighede asook ‘n moontlike tekort aan voer gedurende die wintermaande. Die departement kan regsoptrede verwag indien die weermag nie optree nie.
# Koeweit het tydelike kragonderbrekings in dele van die land aangekondig tydens spitstye. Die land sukkel om aan die verhoogde aanvraag te voldoen in uiterste somerhitte. Koeweit se ministerie van Elektrisiteit, Water en Hernubare Energie sê die geskeduleerde onderbrekings sal tot twee-ure per dag duur, in ‘n eerste stap vir die OPUL-lidstaat, met klimaatsverandering wat temperature laat styg. Die land blameer die beurtkrag op die onvermoë van kragsentrales om aan die verhoogde aanvraag te voldoen.
# Rugby: Die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap hierdie Saterdag op Loftus Versfeld sal ‘n toonbeeld van eenheid wees soos nog nooit tevore nie. Dertig kinders van die Jakaranda-kinderhuis in Pretoria is aangewys om na die wedstryd die medaljes aan die spelers te oorhandig. Die uitvoerende hoof van die Jakaranda-kinderhuis, Charlene Grobler, was oorstelp toe sy ingelig is hulle kinders word gevra om voor 50-duisend ondersteuners op te tree by die eerste VRK-eindstryd op Loftus. Hulle word ook getrakteer met ‘n kuier in ‘n losie op wedstryddag.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-6-sent teen die dollar, 19-rand-37-sent teen die euro en 22-rand-91-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-826-dollar-57-sent. Die prys van goud is twee-duisend-350-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-77-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….