Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 20 Junie 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Malema beskuldig AfriForum van politieke motiewe teen hom
# AfriForum bepleit geregtigheid in Malema se vuurwapenverhoor
# En, gholf: Tiger Woods se seun Charlie wen ‘n Amerikaanse Junior Amateur-kwalifiseringstoernooi
# Die EFF-leier, Julius Malema, beskuldig AfriForum van die indien van die vuurwapensaak teen hom vir politieke gewin. Hy word vervolg oor ‘n vuurwapen by die party se 5de verjaardagvieringe in Mdantsane in 2018. Malema het tydens kruisondervraging in die Streekhof in Oos-Londen die Nasionale Vervolgingsgesag beskuldig dat hy swig onder beïnvloeding. Hy daag AfriForum uit om self hom aan te kla en beweer daar is geen prima facie-saak nie:
AfriForum hou intussen vol geen politikus is verhewe bo die reg nie. AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, kritiseer Malema se wispelturige verdediging en beklemtoon deskundige menings wat die bewerings van die gebruik van leë patrone of ‘n speelgoedgeweer betwis. Hy wys ook op Snyman se vorige wangedrag in verband met vuurwapens:
# Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie gaan ‘n DA-parlementslid, Renaldo Gouws, voor die Gelykheidshof in Gqeberha daag vir beweerde haatspraak in ‘n YouTube-video van 2010. In die video vra Gouws in uiters aanstootlike taal vir die uitwissing van swartmense. ‘n Woordvoerder van die kommissie, Wisani Baloyi, sê hulle het die saak ondersoek volgens die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie:
# Gholf: Die 15-malige major-kampioen, Tiger Woods, se seun, Charlie Woods, het gekwalifiseer vir die Amerikaanse Junior Amateur-kampioenskap. Hy het 1-onder 71 behaal en eerste geëindig in ‘n kwalifiseringstoernooi by die Eagle Trace-gholfklub in Coral Springs, Florida. Charlie was een van vier gholfspelers wat ‘n plek in die Amerikaanse Junior Amateurspel verseker het. Hy volg in sy pa se voetspore, want Tiger het dieselfde toernooi in 1991, 1992 en 1993 gewen. Tiger was die enigste driemalige kampioen in die byeenkoms en was Charlie se huidige ouderdom, 15-jaar-oud, toe hy gewen het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-8-sent teen die dollar, 19-rand-39-sent teen die euro en 22-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-60-dollar-60-sent. Die prys van goud is twee-duisend-339-dollar-5-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-35-sent per vat.
# Om mee af te sluit: Die Wêreld Gesondheidsorganisasie herdenk Wêreld Vlugtelingedag 2024 met die tema, “Solidariteit met Vlugtelinge”. Die WGO beklemtoon die vestiging van inklusiewe gesondheidstelsels om gelyke sorg vir vlugtelinge te verseker. Teen middel-2023 is meer as 110-miljoen individue met geweld ontheem, waarvan 40-persent kinders was. Die WGO loof vlugtelinge se wil om vas te byt en hulle bydrae tot gesondheidstelsels. Dit vra vir gesondheidsregte vir hulle asook universele toegang tot gehalte sorg vir almal, ongeag migrasiestatus.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….