Nuus 11:00
BULLETIN 20 Junie 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering sê hy beywer om vir ‘n bekwame en eerlike administrasie
# Navorsers pas entstof aan om tuberkulose in mense van alle ouderdomme te voorkom
# En, gholf: Homa sal terug wees om sy Nedbank-uitdaging-titel te verdedig
# Die regering sê hy is verbind tot die bou van ‘n bekwame en eerlike administrasie wat alle Suid-Afrikaners dien en hy staan vas in sy visie om saam te werk en uitdagings wat burgers in die gesig staar, te oorkom. ‘n Regeringswoordvoerder, Nomonde Mnukwa, sê Suid-Afrikaners word aangemoedig om steeds met die regering saam te werk om maatskaplike samehorigheid te versterk en ‘n verenigde nasie te bou. Sy sê Suid-Afrikaners vier nie net ‘n nuwe president nie, maar ‘n nuwe hoofstuk in die nasie se geskiedenis:
Die ekonoom Dawie Roodt sê intusen die positiewe vertoning van die Suid-Afrikaanse rand is die gevolg van die markte se verligting oor die uitslag van die onlangse verkiesing. Die rand het tot sy hoogste vlak in byna ‘n jaar gestyg, tot net onder 18-rand teen die dollar. Roodt voer aan die styging is in ooreenstemming met die vordering tot ‘n regering van nasionale eenheid. Hy voeg by onlangse ontwikkelings is ‘n teken van groter ekonomiese optimisme:
# ‘n Navorser aan die Wits-universiteit, professor Bavesh Kana, sê ʼn moontlike entstof teen tuberkulose is deur ʼn geen-verwerkingsbenadering geskep. Kana sê navorsers wou die Bacille Calmette-Guerin, algemeen bekend as die BCG-entstof, verander om die groei van Mycobacterium-tuberkulose beter te beheer. Hy sê muise wat met die aangepaste BCG-entstof ingespuit is, het minder tuberkulose-groei in hul longe gehad as dié wat met die oorspronklike entstof ingespuit is. Die oorspronklike BCG-entstof word steeds by geboorte aan babas gegee en dis doeltreffend om TB te voorkom.
# ʼn Beskermingsbeampte van die Britse eerste minister Rishi Sunak is gearresteer en geskors oor beweerde weddenskappe oor ʼn moontlike verkiesingsdatum. Sky News berig die beampte is ʼn lid van die Metropolisie se koninklike en spesialis-beskermingsbevel. Die Dobbelkommissie het die Met-polisie Vrydag gelig dat hulle die polisiekonstabel se aktiwiteite ondersoek. Die beampte is Maandag gearresteer weens vermeende wangedrag in ʼn openbare amp. Hy is op borgtog vrygelaat hangende verdere ondersoek.
# Gholf: Max Homa sal sy titel in die Nedbank-uitdaging verdedig wanneer ‘Afrika se Major’ weer tradisioneel in Desember by die Gary Player-buiteklub plaasvind. Die wêreld nommer 15 het indrukwekkend met vier houe geseëvier met sy debuut verlede Desember en hy sal daarop uit wees om sy “droomweek” te herhaal wanneer hy weer van 5 tot 8 Desember in aksie is by Sun City. Homa het verlede jaar sy sesde titel op die PGA-toer ingepalm en het die meeste punte verdien met sy debuut in die Ryderbeker.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-99-sent teen die dollar, 19-rand-30-sent teen die euro en 22-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-790-dollar-25-sent. Die prys van goud is twee-duisend-339-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-93-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….