Nuus 09:00
BULLETIN 18 Junie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die GOOD-party ondersteun die konsepverklaring van voorneme vir die regering van nasionale eenheid
# Al Jama-ah beskuldig die DA dat hy beheer neem oor die regering van nasionale eenheid
# En rugby: Die Sale Sharks het die Stormers se skrumkoning in sy visier
# Die GOOD-party sê hy ondersteun die jongste voorstelle soos vervat in die konsepdokument van voorneme van die regering van nasionale eenheid. Die GOOD-party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die party het die verklaring onderteken ná ‘n vergadering onlangs tussen GOOD en die ANC se onderhandelingspan in Johannesburg. Herron sê hulle het nié posisies in die regering van nasionale eenheid bespreek of enige posisies geëis nie:
# Al Jama-ah se leier, Ganief Hendricks, sê die DA wil ten alle koste beheer neem oor die regering van nasionale eenheid. Hendricks sê die ondertekende Verklaring van Voorneme tussen die twee partye maak deure oop vir magsdeling tussen die voormalige onderdrukkers die gewese swart bevrydingsbeweging. Hy sê president Cyril Ramaphosa het gesê daar is geen ernstige samewerking met die DA nie, maar die Verklaring van Voorneme weerspreek dit:
# Die Stad Kaapstad se onderhoudspanne vir water en sanitasie sal van vandag tot Sondag volstoom besig wees met grootskaalse herstelwerk. Dit sluit in die installering, herstel en vervanging van pype en kleppe. Inwoners word aangeraai om as voorsorgmaatreël genoeg water op te gaar omdat watervoorsiening in sommige gebiede onderbreek kan word. Hulle word aangemoedig om kennis te neem van die werk en daarvolgens voor te berei.
# Een van Switserland se vooraanstaande kunsmuseums sê hy gaan vyf skilderye van een van sy uitstallings verwyder terwyl hy ondersoek instel of die Nazis dit geplunder het. Die werke in die Kunsthaus Zurich-museum is van die wêreld se grootste kunstenaars, insluitend Claude Monet en Vincent van Gogh. Die besluit om die skilderye te verwyder volg na nuwe riglyne gepubliseer is oor die groot aantal kulturele werke wat nog nie na families teruggestuur is by wie dit gesteel is nie.
# Rugby: Een van die Stormers se sterspelers is glo in die visier van die Engelse Premierskapklub Sale Sharks. Volgens RugbyPass wil Sale graag die haker Joseph Dweba se dienste bekom, al het ‘n vorige poging misluk. Die 28-jarige Dweba het in 2023 sy laaste toets vir die Springbokke teen Argentinië gespeel, maar dit net-net nie gemaak vir die Rugby Wêreldbekergroep nie. Hy is een van nege Stormers in die Bok-kamp vir Saterdag se kragmeting teen Wallis op Twickenham.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-27-sent teen die dollar, 19-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-682-dollar-19-sent. Die prys van goud is twee-duisend-322-dollar-72-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-8-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….