Nuus 08:00
BULLETIN 12 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party word beskuldig dat hy die konstitusionele hofproses misbruik
# eThekwini raam die koste van die stormskade op meer as 400-miljoen-rand
# En sokker: Bafana Bafana klop Zimbabwe in Bloemfontein
# Die grondwetkenner, professor Pierre de Vos, meen die MK-party misbruik die hofproses en moet ‘n bestraffende kostebevel teen hom kry. Die party het ‘n dringende aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien om die uitslag van die algemene verkiesing om te keer en ook die eerste sitting van die Nasionale Vergadering Vrydag te verhoed. De Vos sê die MK-party se aansoek bevat nie enige bewyse wat ‘n eis sou ondersteun dat onreëlmatighede, wesenlik tot die finale uitslag van die verkiesing, plaasgevind het nie. Hy glo die aansoek sal misluk.
# Die voormalige persoonlike assistent van die voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule, Moroadi Cholate, het ‘n aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien wat die versoek vir haar uitlewering van Amerika betwis. ‘n Amerikaanse hof het beslis die Nasionale Vervolgingsgesag het voldoende bewyse voorgelê om met sy bedrog- en korrupsiesaak teen haar voort te gaan. Sy word betrek by die 255-miljoen-rand se asbestender korrupsiesaak waarby Magashule en ander amptenare betrokke is. Cholate wil die uitleweringsaansoek ongeldig en ongrondwetlik laat verklaar.
# Die burgemeester van eThekwini, Mxolisi Kaunda, sê die beraamde koste van die herstel van elektrisiteits-, paaie- en behuisingsinfrastruktuur wat in storms beskadig is, is 481,7-miljoen-rand. Swaar reën, oorstromings en ‘n tornado het dele van KwaZulu-Natal verlede week getref en tien mense is dood. Die gebiede wat die swaarste getref is, is Tongaat, Illovo, Umgababa en Kingsburgh. Kaunda sê duidelike kriteria moet neergelê word om natuurrampe aan te pak in gevalle war mense nie versekering het nie en on bedrog aan te spreek:
# Die Verenigde Nasies se Menseregte-kantoor sê hy is geskok oor die uitwerking op burgerlikes van die Israelse operasie in sentraal-Gaza om vier gyselaars te bevry wat Hamas aangehou het. Minstens 247 Palestyne is Saterdag in die operasie dood en honderde beseer in die digbevolkte Nuseirat-vlugtelingkamp. Die VN sê die manier waarop die Israelse magte die aanval uitgevoer het, kan op oorlogsmisdade neerkom. Hy sê Palestynse gewapende groepe kan ook van oorlogsmisdade aangekla word vir hulle voortgesette aanhouding van gyselaars in digbevolkte gebiede.
# Sokker: Bafana Bafana het Zimbabwe gisteraand met drie-een in die Vrystaat-stadion in Bloemfontein geklop in hulle kwalifiserende veldtog vir die 2026 Wêreldbeker. ‘n Doel deur Iqraam Rayners en ‘n twee-kuns deur Thepelo Morena in die tweede helfte, het die wedstryd in hulle guns beklink. Die oorwinning plaas Suid-Afrika tweede in Groep C, saam met Rwanda op sewe punte. Die land is egter eerste danksy ‘n beter doelgemiddeld. Die afrigter Hugo Broos, sê hy is tevrede:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-56-sent teen die dollar, 19-rand-95-sent teen die euro en 23-rand-66-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-347-dollar-39-sent. Die prys van goud is twee-duisend-314-dollar-71-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 82-dollar-23-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….