Nuus 08:00
BULLETIN 6 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ministers Naledi Pandor, Bheki Cele, Thandi Modise en Thulas Nxesi sal nie terugkeer na die Parlement nie
# Rise Mzansi verwelkom die bedanking van Zizi Kodwa
# En Putin waarsku Rusland kan wapens aan ander lande voorsien om die Weste aan te val
# Die veteraanministers Naledi Pandor, Bheki Cele, Thandi Modise en Thulas Nxesi keer nie terug na die Parlement nie, nadat die ANC in verlede week se verkiesing 71 setels verloor het. Hulle name is nie op die lys van die LP’s wat die Verkiesingskommissie vandag sal voorlê aan hoofregter Raymond Zondo nie. Die lys sal aangestuur word na die sekretaris van die Parlement. Die voormalige ministers Dina Pule en Malusi Gigaba is terug nadat hulle onder ‘n wolk van korrupsie weg is. Ander LP’s wat terugkeer is die voormalige DA-amptenare Athol Trollip en Mmusi Maimane.
# RISE Mzansi het die bedanking van die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, verwelkom na hy gister formeel van korrupsie in die Palm Ridge Landdroshof aangekla is. Kodwa het na bewering omkoopgeld van die voormalige hoof van EOH, Jehan Mackay ontvang in ruil vir die toekenning van ‘n staatstender van 400-mijoen-rand aan sy maatskappy. Tebogo Moalusi van RISE Mzansi, sê hulle hoop dit stuur ‘n sterk boodskap
# Die mynwerkers- en konstruksievakbond, AMCU, sê die bestuur van Sibanye-Stillwater se Kroondalmyn moet blameer word vir werkers se besluit om ondergronds te staak. Meer as 200 mynwerkers het ‘n sitstaking ondergronds by die myn se Kwzi-skag in Rustenburg, Noordwes, gehou oor die werknemersaandeel-eienaarskapskema vir Kroondal. Die werkers het Dinsdagaand weer na die oppervlak teruggekeer. AMCU se president, Joseph Mathunjwa, sê dit kon vermy gewees het as die werkgewer sensitief vir die behoeftes van werkers is:
# Die Russiese president Vladimir Putin waarsku Moskou kan wapens aan ander lande verskaf om Westerse teikens aan te val. Dit volg na die Weste langafstandwapens aan Oekraïne verskaf het. ‘n Amerikaanse senator het bevestig Kiëf het onlangs Amerikaanse wapens gebruik om ‘n aanval op Russiese grondgebied te loods. Duitsland het ook aan Oekraïne gesê dit staan hom vry om teikens in Rusland met Duitse langafstandwapentuig aan te val. Putin waarsku die Weste is verkeerd as hy aanneem Moskou sal nooit kernwapens gebruik nie.
# Tennis: Alexander Zverev van Duitsland is vir die vierde agtereenvolgende keer deur na die halfeindstryd van die Franse Ope ná hy die Australiër Alex de Minaur met 6-4, 7-6, 6-4 geklop het. Hy kom nou teen die Noorweër, Casper Ruud te staan wat deurgegaan het met Novak Djokovic se onttrekking. In die vroue-afdeling het die 17-jarige Mirra Andreeva van Rusland die tweede gekeurde Aryna Sabalenka van Belarus me 6-7, 6-4, 6-4 uitgeskakel om die jongste Grand Slam-finalis in byna drie dekades te word. Sy kom nou teen Jasmine Paolini te staan ná die Italianer Elena Rybakina van Kazakhstan verslaan het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-89-sent teen die dollar, 20-rand-88-sent teen die euro en 24-rand-19-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 71-duisend-94-dollar-73-sent. Die prys van goud is twee-duisend-369-dollar-27-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 78-dollar-67-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….