Nuus 16:00
BULLETIN 30 Mei 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die OVK sê die fokus het nou na die tel van stemme verskuif
# Gwede Mantashe is vol vertroue vir ‘n ANC-oorwinning
# En sokker: Flick word aangestel as Barcelona se nuwe afrigter
# Die Verkiesingskommissie sê die fokus het verskuif na die tel van stemme nadat alle stemlokale vanoggend teen drie-uur gesluit het. Finale uitslae word oor die naweek verwag. ‘n Rekord 70 politieke partye en elf onafhanklike kandidate het aan die verkiesing deelgeneem, met Suid-Afrikaners wat vir ‘n nuwe parlement en nege provinsiale wetgewers gestem het. Die OVK se woordvoerder, Kate Bapela, het bevestig party-agente, onafhanklike kandidaat-agente en waarnemers hou toesig oor die hele tel- en uitslagproses:
Intussen sê die ANC se nasionale voorsitter, Gwede Mantashe, hy is vol vertroue die party sal die verkiesing wen. Mantashe het gepraat by die Nasionale Uitslagsentrum en gesê die ANC is nie bang vir die uitslag nie. Hy beweer ook die media het ‘n belangrike rol gespeel in kieser-indrukke. Mantashe sê die finale uitslag sal bepaal of die ANC koalisies sal vorm:
Voorlopige uitslae van die Verkiesingskommissie toon die ANC was ‘n rukkie gelede voor met 43,37-persent. Die DA was op 24,8-persent met die EFF op 8,9-persent. Die MK-party en die Patriotic Alliance is onder die top vyf nasionaal, met onderskeidelik 8,04- en 4,08-persent.
# Transnet beplan regsoptrede teen Nedbank oor bestrede rentekoers-uitruiltransaksies wat verbind word met Regiments Capital, wat met die Guptas verbind word. Bemiddelingspogings het misluk, met Transnet wat nou die hof nader omdat hy glo Nedbank moet antwoorde gee. Die bank ontken wanoptrede en beplan om homself sterk te verdedig. Hy hou vol hy was onbewus van enige samespanningsverhouding tussen die maatskappy en die Guptas. Die geskil is uitgelig in die staatskapings-ondersoek, wat bevind het die bank se rol in die transaksies moet ondersoek word.
# Sokker: Barcelona het die voormalige breier van Bayern Munich en Duitsland, Hansi Flick, as afrigter aangestel in ‘n ooreenkoms wat tot Junie 2026 strek. Dit volg na verlede week se afdanking van Xavi Hernandez. Duitsland het Flick verede jaar afgedank na ‘n reeks swak uitslae, en hy is die eerste afrigter wat ooit in die pad gesteek is. Hy het die Duitse superspan Bayern in 2020 tot ses geskiedkundige trofee-oorwinnings gelei.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-61-sent teen die dollar, 20-rand-13-sent teen die euro en 23-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-945-dollar-98-sent. Die prys van goud is twee-duisend-336-dollar-44-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-98-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….