Nuus 09:00
BULLETIN 30 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Altesaam 2,335 stemdistrikte het hul uitslae bekend gemaak
# Herman Mashaba sê hy is bereid om met die EFF saam te werk in plaaslike regering
# En tennis: Swiatek, Alcaraz en Sinner dring deur in die tweede ronde van die Franse Ope
# Die Verkiesingskommissie sê 2,335 van die 23-duisend-293 stemdistrikte het hul uitslag verklaar. Die ANC loop tans op nasionale vlak voor met 42,30-persent, gevolg deur die DA met 26,34 en die EFF met 8,10-persent. In KwaZulu-Natal loop Jacob Zuma se MK-party voor met 39,91-persent, gevolg deur die ANC en die DA. In die Wes-Kaap loop die DA voor met 62,85-persent terwyl Gayton McKenzie se Patriotic Alliance tweede is met 18,55-persent. Die DA loop ook in Gauteng voor met 44,58-persent teenoor die ANC se 27,98-persent.
# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê sy party sal nie met die ANC, EFF of MK Party op nasionale vlak saamwerk nie, maar is bereid om met die EFF saam te werk in plaaslike regering. Daar word voorspel die ANC gaan minder as die maak-of-breek 50-persent steun kry, wat ‘n koalisieregering op nasionale vlak noodsaak. In Gauteng en KwaZulu-Natal word ‘n intense stryd verwag en die vorming van koalisie-regerings is onvermydelik. Mashaba sê hulle sal met partye met dieselfde waardes saamwerk:
# Die metaalwerkersvakbond, Numsa, sê hy gaan voort met sy staking by South African Steel Mills wat as Alfeco Holdings handeldryf. Dit volg nadat die staalvervaardiger volgens berigte meer as 100 werkers afgedank het omdat hulle deelgeneem het aan ‘n staking wat volgens die Arbeidshof wettig was. Die vakbond het Dinsdag ʼn plakkaatbetoging gehou by die maatskappy se kantoor in Meyerton, suid van Johannesburg. Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die land het werkers te lank onregverdig behandel:
# ‘n Hongkongse hof het 14 demokrasie-aktiviste en politici aan ondermyning skuldig bevind en twee vrygespreek. ‘n Totaal van 47 mense is aan sameswering om ondermyning te pleeg skuldig bevind vir hulle rolle om in ‘n nie-amptelike voorverkiesing in 2020 te besluit wie aan die stad se verkiesing moet deelneem. Slegs 16 van hulle onskuldig gepleit terwyl die 31 wat skuld bekend het steeds wag op die uitkoms van hulle sake. Die maksimum vonnis vir ondermyning is lewenslange tronkstraf.
# Tennis: Die verdedigende kampioen, Iga Swiatek het op die randjie van ‘n wedstrydpunt teen haar gedraai op pad na haar oorwinning teen Naomi Osaka in die tweede ronde van die Franse Ope. Die 22-jarige Pool het teruggeveg om met 7-6,1-6, 7-5 te wen. Daar was ook oorwinnings vir die Amerikaner Coco Gauff, en die Tunisiër Ons Jabeur. Carlos Alcaraz van Spanje het Jesper de Jong van Nederland met 6-3, 6-4, 2-6, 6-2 verslaan, terwyl die Italianer, Jannek Sinner, met Richard Gasquet van Frankryk in skoon stelle afgereken het. Swiatek het gesê haar wedstryd was taai:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-86-sent teen die dollar, 19-rand-93-sent teen die euro en 23-rand-44-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-227-dollar-71-sent. Die prys van goud is twee-duisend-334-dollar-76-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-30-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….