Nuus 20:00
VERKIESINGSBULLETIN 29 Mei 8 nm
Goeienaand. Ek is……..
In hierdie spesiale verkiesingsbulletin:
# Die regering is beïndruk deur ‘n vroeë aanduiding van ‘n beduidende stem deur jong mense
# RISE Mzansi is bekommerd oor vertragings en probleme by stemlokale
# En KwaZulu-Natal word op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas vir moontlike verkiesingsgeweld ná die verkiesing
# Die regering sê die miljoene Suid-Afrikaners wat vandag gestem het bevestig die krag en dinamiek van die land se demokrasie. Burgers kon vandag hul kruisies by meer as 23-duisend stem punte regoor die land trek. Die direkteur-generaal van die regering se Kommunikasie-inligtingstelsel, Nomonde Mnukwa, sê die vroeë aanduiding van die groot aantal jongmense wat gaan stem het is ‘n duidelike bewys van ‘n nasie wat in die toekoms belê het en die gemeenskaplike sin van burgerlike verantwoordelikheid en aktiewe deelname wat demokrasie vergesél:
# RISE Mzansi sê hy is bewus van verskeie vertragings en haakplekke wat kiesers vandag in talle dele van die land frustreer het. Dit sluit in die laat aflewering van stemmateriaal wat veroorsaak het dat stemlokale laat oopmaak, verkeerde kieserslyste, foutiewe kieserbestuur-toerusting en telekommunikasie-probleme. Cilna Steyn van RISE Mzansi sê hulle het hierdie bekommernisse by die Verkiesingskommissie se Partyskakelingskomitee aangemeld:
# En ten slotte: Wetstoepassingsowerhede het KwaZulu-Natal op hoë gereedheid geplaas uit vrees vir moontlike geweld deur ontevrede MK-lede ná die verkiesing. Geen politieke party sal na verwagting ‘n volstrekte meerderheid in die provinsie behaal nie. Ontleders voorspel dat die MK-party onder Jacob Zuma en die herlewing van die IVP ʼn groot bedreiging vir die ANC kan inhou. Die IVP se premierskandidaat, Thami Ntuli, sê hy is bekommerd oor politieke spanning in die provinsie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….