Nuus 19:00
VERKIESINGSBULLETIN 29 Mei 7 nm
Goeienaand. Ek is……..
In hierdie spesiale verkiesingsbulletin:
# Die Verkiesingskommissie sê elke kieser wat toustaan teen negeuur sal gehelp word
# Die EFF doen ‘n beroep op die OVK om die probleme met die kieserslysmasjiene dringend aan te spreek
# En adjunkpresident Mashatile sê hy is trots op die land se vreedsame demokratiese verkiesings
# Daar is nog net twee uur oor om te stem, maar die Verkiesingskommissie het vroeër aangekondig elke kieser wat om nege-uur vanaand in die tou is, sal gehelp word. Miljoene Suid-Afrikaners het van vroeg vanoggend tougestaan in die belangrikste verkiesing sedert 1994. Die Verkiesingskommissie reken vandag se stempersentasie sal 66-persent oorskry, en hoër wees as in 2019. In weerwil van verskeie probleme met die stemproses in verskillende dele van die land, is die kommissie tevrede met die oorgrote proses.
# Die EFF het ‘n dringende beroep op die Onafhanklike Verkiesingskommissie gedoen om aandag te gee aan die vertragings weens stadige kieserslys-skandeermasjiene wat in verskeie stemlokale landwyd. Die EFF vermoed dit kan ‘n slenter wees vir ‘n onbeplande tweede stemdag, wat kommer wek oor die integriteit van die verkiesing. Die EFF-leier Julius Malema doen ‘n beroep op die OVK om die kwessie vinnig op te los en vra ondersteuners om geduldig te bly:
# En ten slotte: Adjunkpresident Paul Mashatile sê Suid-Afrikaners moet trots wees om aan die demokratiese verkiesingsproses deel te neem. Mashatile het, nadat hy in Gerhardsville, Tshwane gestem het, ‘n oproep op kiesers gedoen om die geskiedkundige geleentheid aan te gryp en vir hul voorkeurparty te gaan stem. Hy het die grootliks vreedsame proses verwelkom en gesê almal het die demokratiese reg om hul stem uit te bring:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….