Nuus 09:00
BULLETIN 29 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Aartsbiskop Makgoba doen ‘n beroep op leiers om op dienslewering en korrupsie te fokus
# Die VF Plus sê die Openbare Beskermer gaan adjunkpresident Mashatile se seuns ondersoek
# En Amnestie Internasionaal sê Iran het die meeste mense in 2023 tereggestel
# Die Anglikaanse aartsbiskop van Kaapstad, Thabo Makgoba, sê Suid-Afrikaanse leiers moet dienslewering versnel en korrupsie op alle regeringsvlakke uitwis. Hy het gister by die Universiteit van die Wes-Kaap die agtste lesingreeks van die Aartsbiskop Thabo Makgoba Ontwikkelingstrust toegespreek. Miljoene Suid-Afrikaners stem vandag in die sewende demokratiese verkiesing. Makgoba sê daar is groot wantroue tussen politieke leiers en landsburgers:
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party moedig Suid-Afrikaners aan om hulle stemme by die stembus te laat geld en ‘n punt te bewys vir demokratiese hervorming en ontwikkeling vir almal. Miljoene landsburgers stem tans in wat beskryf word as ʼn belangrike verkiesing vir die land. Die SAKP se woordvoerder, Alex Mashilo, sê hierdie verkiesing moet die verbetering van die land se swaar verdiende demokratiese deurbraak van 1994 verdedig:
# Die VF Plus in Gauteng sê die Openbare Beskermer het ingestem om adjunkpresident Paul Mashatile se twee seuns te ondersoek nadat die party ‘n klag teen hulle gelê het. Dit volg op bewerings dat Thabiso Mashatile en Tinyiko Mvelase drie kontrakte in slegs drie maande ontvang het. Anton Alberts van die VF Plus sê Gauteng se Departement van Infrastruktuurontwikkeling het die kontrakte onder agterdogwekkende omstandighede toegeken:
# Altesaam een-duisend-153 mense in 16 lande se doodsvonnisse is in 2023 voltrek, wat meer as 30-persent hoër is as in 2022. Dit is volgens Amnestie Internasionaal se jaarlikse verslag. Hiervan is 74-persent net in Iran uitgevoer en 15-persent in Saoedi-Arabië. In Belarus, Japan, Mianmar en Suid-Soedan is geen doodsvonnisse voltrek nie. Amnestie Internasionaal sê Iranse owerhede toon geen respek vir menselewens nie en mense kry doodsvonnisse vir dwelmverwante oortredings. Hy sê dit beklemtoon die diskriminerende uitwerking wat die doodsvonnis op Iran se mees gemarginaliseerde gemeenskappe het.
# Rugby: Môre se spesiale algemene vergadering van Nieu-Seelandse Rugby word beskryf as die belangrikste vergadering in die geskiedenis van die land se beroepspel. Lede sal oor die bestuurstruktuur stem nadat ‘n hersiening verlede jaar bevind het die huidige model is nie geskik nie. Die Nieu-Seelandse Rugbyspelersvereniging en ander belanghebbendes is ten gunste van ‘n raad van nege onafhanklike direkteure, wat deur ‘n onafhanklike paneel aangestel word. Verskeie provinsiale vakbonde eis ten minste drie direkteure moet provinsiale raadservaring hê.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-31-sent teen die dollar, 19-rand-87-sent teen die euro en 23-rand-38-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-805-dollar-27-sent. Die prys van goud is twee-duisend-358-dollar-53-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 84-dollar-13-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….