Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 28 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Internasionale Vereniging vir Natuurbewaring berig dat afgesien van swartrenosters kan baie spesies in Suid-Afrika ook uitsterf. Die Knysna seeperdjie word as bedreig gelys weens die verlies aan habitat en die Afrika wildehond is ‘n slagoffer van die konflik tussen mens en wilde dier. Daarbenewens is die Kaapse kloulose otter op die randjie van bedreiging met getalle wat daal weens die vernietiging van habitat. Die vereniging sê klimaatsverandering en menslike konflik bedreig ‘n wye reeks van die Suid-Afrikaanse bioverskeidenheid.
# Die Presidensiële Klimaatskommissie beoordeel Suid-Afrika se vertraging met die uitskakeling van steenkoolkragstasies en die uitwerking daarvan op klimaatsverpligtinge. Eskom se toestemming om bedrywighede by die Hendrina-, Grootvlei- en Camden-kragstasies uit te brei, kan die bereiking van ontkolingsdoelwitte teen 2030 beïnvloed. Crispian Olver van die kommissie noem ‘n moontlike verslag oor hierdie aangeleentheid. Vordering word getoon in hernubare energie en wetgewende hervormings, ondanks uitdagings, en aansienlike beleggings word benodig vir klimaatsveerkragtigheid en ‘n regverdige oorgang.
# En ten slotte: Nuwe voorstedelike woude is in Kaapstad aangeplant in gebiede soos Langa, Mitchells Plain, die Bo-Kaap, Pinelands en Philippi. Dit is gedoen volgens die Japannese Miyawaki-bosaanplantingstegniek, of deur inheemse plante te vestig wat vinnig groei. Die organisasie sonder winsoogmerk, Mzanzi Organics, het saam met plaaslike skole 800 inheemse bome en struike in Langa geplant en so die gebied se eerste woud gevestig. Belangrike spesies in Kaapstad se woude sluit in assegaai-, geelhout-, melkhout-, rooi-els en keurbome.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….