Nuus 15:00
BULLETIN 27 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Daar is stelselprobleme by stemlokale in Pretoria
# Die Verkiesingsmoniteringsnetwerk bepleit ‘n regverdige stembriefplasing deur die OVK
# En, tennis: Zverev sê om Nadal in die eerste ronde van die Franse Ope te pak is nie ideaal nie
# Sommige kiesers in Pretoria het stelseluitdagings by stemlokale aangemeld. Die aanlyn stelsel om toegang tot kiesers se besonderhede te kry, was buite werking. Amptenare het toe ID-nommers neergeskryf en kiesers het steeds hul drie stembriewe ontvang. Die drie stembriewe moes in een koevert en dan binne-in ‘n ander koevert gesit word voordat dit in die stembus geplaas is.
In nog ‘n verwikkeling het die Verkiesingsmoniteringsnetwerk die Verkiesingskommissie versoek om die regverdige plasing van politieke partye op die stembrief te verseker. ‘n Beleidsontleder, Nkosikhulule Nyembezi, beklemtoon boonste kandidate ontvang dikwels toevallige stemme van kiesers wat nie ‘n besluit kan neem nie. Spesialiste bevestig stembriefvolgorde kan uitslae beïnvloed. Die OVK gebruik ‘n lukrake trekking om regverdigheid te verseker. Nyembezi het beklemtoon behoorlike verkiesingsmonitering is noodsaaklik vir deursigtigheid, regverdigheid en die aanvaarding van uitslae, wat vertroue in die verkiesingsproses verbeter.
# Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling sê verskeie stukke wetgewing, insluitend die Grondwet en die Kinderwet, is goedgekeur om die lewensomstandighede van kinders te verbeter. In 2020 was daar 657 migrante kinders in alternatiewe sorg. Die getal kan nou al by ‘n duisend wees. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die algehele aantal kinders wat sedert 2005 gerepatrieer is, is 23 van elf lande:
# Tennis: ‘n Onverwagse eerste ronde-kragmeting vind vandag op die Franse Ope plaas tussen die vierde gekeurde Duitser Alexander Zverev en die kleibaan-koning, Rafael Nadal. Die Spanjaard het sedert Januarie verlede jaar weens beserings net in vier toernooie gespeel. Die 37-jarige Nadal is as gevolg daarvan nie gekeur vir die tweede Grand Slam-toernooi van die jaar nie. Zverev sê hy onderskat beslis nie die 14-malige kampioen nie:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-39-sent teen die dollar, 19-rand-98-sent teen die euro en 23-rand-46-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-546-dollar-16-sent. Die prys van goud is twee-duisend-345-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-59-sent per vat.
# En, sjokolademakers in Afrika gedy volgens berigte te midde van ‘n kakao-voorsieningstekort en pryse wat wêreldwyd styg. Daar is kommer oor etiek, en die vraag styg in Asië, Europa en Amerika na sjokolade uit lande soos Ghana en die Ivoorkus. Omgewings-, maatskaplike en bestuursregulasies, asook verbruikersvoorkeure vir outentieke, plaaslik-aangeskafde produkte vuur die neiging aan. Handelsmerke soos ’57 Chocolates en Le Chocolatier Ivoirien se verkope styg aansienlik, en onderstreep die verskuiwing na eties vervaardigde sjokolade uit Afrika.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….