Nuus 11:00
BULLETIN 27 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê die uiteindelike wenner van die verkiesing moet demokrasie wees
# Die VF Plus kritiseer Ramaphosa vir die misbruik van staatshulpbronne in sy voorverkiesingstoespraak
# En daar is oproepe vir ‘n onmiddellike wapenstilstand na ‘n dodelike Israelse aanval in Rafah
# President Cyril Ramaphosa sê ‘n vrye, regverdige en vreedsame verkiesing sal wys hoe gesond Suid-Afrika se demokrasie is. Suid-Afrikaners sluit aan by sowat 1,5-miljard mense in meer as 80 lande wat vanjaar hul kruisies by stembusse gaan trek. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief die integriteit van die land se verkiesing is bewys van die groot waarde wat burgers heg aan hul reg om te stem. Hy sê demokrasie moet die uiteindelike wenner van die verkiesing wees.
Die Vryheidsfront Plus het Ramaphosa se toespraak op televisie gekritiseer as blatante politieke opportunisme en die skaamtelose misbruik van staatshulpbronne. Ramaphosa het Suid-Afrikaners aangemoedig om Woensdag te stem en het ook die geleentheid gebruik om die regering se prestasies van die afgelope vyf jaar te benadruk. Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, sê die toespraak was ‘n blatante poging om die publiek te oortuig om vir die ANC te stem:
# Die Grensbestuursowerheid sê 28 burgers van Bangladesh is die naweek met hulle aankoms op die OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie. Hulle was op ‘n vlug van Dubai. Sewe-en-twintig van hulle het vervalste visums gehad, en een het glad nie ‘n visum gehad nie. Mmemme Mogotsi van die owerheid sê die reisigers het die Suid-Afrikaanse Immigrasiewet oortree deur in besit te wees van vervalste reisdokumente:
# Dokters Sonder Grense het sy oproep herhaal vir ʼn onmiddellike en volgehoue skietstilstand in Gaza. Dit volg nadat minstens 35 mense dood is toe Israel gister op ʼn kamp vir vlugtelinge in Rafah toegeslaan het. Die Israelse Weermag sê hy het ʼn Hamas-vesting in die gebied aangeval en twee senior ampsdraers van die militante groep is dood. Hy sê hy sal berigte nagaan wat beweer burgerlikes is dood tydens die voorval. Dokters Sonder Grense sê die aanval bewys weer dis nêrens veilig in Gaza nie.
# Tennis: Die veertienmalige kampioen,Rafael Nadal, sê hy sien uit daarna om vandag kragte te meet met Alexander Zverev van Duitsland in die eerste ronde van die Franse Ope. Die Spanjaard het sedert Januarie verlede jaar slegs aan vier toernooie deelgeneem na hy ‘n heupbesering opgedoen en toe ‘n spier geskeur het. Dit het hom ongekeur gelaat vir die tweede Grand Slam van vanjaar. Nadal sê hy het ‘n gedugte teenstander in die openingsronde verwag:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-40-sent teen die dollar, 19-rand-97-sent teen die euro en 23-rand-45-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-369-dollar-43-sent. Die prys van goud is twee-duisend-342-dollar-6-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-33-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….