Nuus 13:00
BULLETIN 26 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# AZAPO doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om te gaan stem
# Die VN vrees sowat 670 mense is in ‘n grondstorting in Papua Nieu-Guinee begrawe
# En, tennis: Nadal is dalk volgende jaar weer by die Franse Ope
# Die Azanian People’s Organisation is geesdriftig oor die gees onder kiesers en doen ‘n beroep op alle geregistreerde kiesers om Woensdag hulle kruisies te trek. Jabu Rakwena van AZAPO sê die geloofwaardigheid van die verkiesing sal onder meer bevestig word deur ‘n oorweldigende aantal mense by die stembusse. Rakwena sê dit sal waarlik die werklike wil van die mense bevestig:
# RISE Mzansi in Gauteng sê die premier, Panyaza Lesufi, moet voldoen aan die opdrag van die Hooggeregshof in Johannesburg dat die provinsiale regering befondsingsbesluite vir welsynsorganisasies moet bespoedig. Die woordvoerder Tebogo Moalusi beskuldig Lesufi van leuens oor die omkering van begrotingsbesnoeiings deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die bespoediging van uitbetalings. Moalusi sê dit is klassieke ANC-verkiesingsoptrede:
# Die Stad Kaapstad het die Departement van Openbare Werke beboet na herhaalde pogings om toestande by twee gekaapte persele wat die regering besit, op te ruim. Die persele is in Keizersgracht, Distrik Ses, en Jan Smutsrylaan in Maitland. Albei eiendomme is amptelik as probleemgeboue verklaar. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê kennisgewingborde is opgerig wat die publiek inlig oor die stad se optrede:
# ‘n VN-amptenaar sê sowat 670 mense is onder ‘n massiewe grondstorting in Papua Nieu-Guinee begrawe. Die hoof van die Internasionale Organisasie vir Migrasie in Papua Nieu-Guinee, Serhan Aktoprak, sê die impak van Vrydag se grondstorting in die afgesonderde Enga-provinsie is groter as wat voorheen geraam is. Volgens Aktoprak is meer as 150 huise begrawe. Reddingswerkers is in gevaar omdat die grond steeds skuif.
# En, tennis: Rafael Nadal erken vanjaar se Franse Ope kan dalk sy laaste wees, maar hy is nie ‘n honderd persent seker nie. Die Spaanse kampioen, wat die Franse Ope 14 keer gewen en sy 38ste verjaardag op 3 Junie vier, kom môre teen Alexander Zverev van Duitsland in die eerste ronde in Parys te staan. Nadal het al 22 Grand Slam-titels gewen – die tweede meeste na Novak Djokovic se rekord van 24 – maar sy loopbaan word deur beserings geteister.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….