Nuus 11:00
BULLETIN 26 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Alan Winde sê slegs die DA het ‘n bewese rekord om doeltreffend te regeer
# RISE Mzansi hou ‘n kerkdiens om te bid vir die party en die verkiesing
# En, krieket: Die Windies beklink die T20-reeks teen die Proteas
# Die DA se Wes-Kaapse premierskandidaat, Alan Winde, sê net hulle het ‘n bewese rekord en die visie om die provinsie doeltreffend te regeer. Winde het by die party se saamtrek in Belhar, Kaapstad, gesê die DA sal 800-duisend nuwe werksgeleenthede skep, misdaad bestry met een-duisend-300 wetstoepassingsbeamptes, hom beywer vir beheer oor polisiëring, vervoer en hawens, en skole bou vir gehalte-onderwys vir almal:
In Johannesburg hou RISE Mzansi ‘n kerkdiens by die Redeemed Gospel-kerk in Ennerdale om vir die party, asook die komende verkiesing, te bid. ‘n Woordvoerder Gugu Ndima sê kerke is ankers in talle gemeenskappe en hulle het steeds te doen met die vernietigende uitwerking van politieke verwaarlosing en korrupsie op Suid-Afrikaners. Die party respekteer alle gelowe en erken die belangrikheid van die verering van godsdienspraktye:
# Die Nasionale Vakbond vir Staatsamptenare en Verwante werkers, NUPSAW, sê daar kan nie ‘n ware maatskaplike getransformeerde Nasionale Gesondheidsversekering wees met die regering wat begrotingsbesnoeings ingestel het nie. Mzikazi Nkata van die vakbond sê gemeenskaps-gesondheidswerkers word steeds tydelik aangestel. Die vakbond beset vandag en môre die kantore van die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid om vaste aanstellings vir alle staatsdiens gesondheidsdienswerkers te eis:
# Die Tshwane metropolisie het 19 taxi’s geskut wat onwettig in Laudium bedryf is. ‘n Woordvoerder, Isaac Mahamba, sê ‘n operasie teen dronkbestuur is die naweek by Sefako Makgatho-rylaan uitgevoer. Dit het gelei tot die arrestasie van tien motoriste wat onder die invloed bestuur het. In dieselfde operasie is twee Mercedes Benz-voertuie vir verdere ondersoek geskut. In een van hulle is ‘n windbuks gevind en in die ander een was die lisensieskyfies en nommerplate in die kattebak.
# En, krieket: Wes-Indië het Suid-Afrika gisteraand in Kingston, Jamaica, met 16 lopies geklop om die voortou met 2-0 te neem in die reeks van drie Twintig20-wedstryde. Die Proteas, wat 208 gejaag het, kon slegs 191 vir sewe in hulle 20 boulbeurte aanteken. Die Suid-Afrikaners het goed begin tot Quinton de Kock vir 41 en Reeza Hendricks vir 34 uitgehaal is. Die paaltjies het daarna met gereelde tussenposes geval. Die derde en laaste wedstryd is vanaand.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….