Nuus 08:00
Bulletin Inhoud
BULLETIN 26 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa vra alle Suid-Afrikaners om vir demokratiese hernuwing te stem
# Die Departement van Justisie is bewus van die arrestasie van Ajay en Anil Gupta
# En, rugby: Die onoorwonne Griekwas word as SA Bekerkampioene gekroon
# Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, het Suid-Afrikaners gevra om te stem vir die voorsetting van die demokratiese hernuwing, nasionale herlewing en ‘n maatskaplik-ekonomiese transformasie-agenda. Hy het by die party se Siyanqoba-saamtrek in die FNB-stadion in Johannesburg gepraat. Ramaphosa wil hê Suid-Afrikaners moet ‘n duidelike keuse maak vir eenheid en vooruitgang en die maatskaplike en politieke magte verwerp wat hard werk om die vryhede te ondermyn wat die afgelope drie dekades behaal is:
# Die EFF-leier Julius Malema sê daar is niks wat die party nog nie gedoen het om met die mense van Suid-Afrika te praat om vir hom in volgende week se verkiesing te stem nie. Dit is nou in kiesers se hande. Malema het by die EFF se finale saamtrek in die Peter Mokaba-stadion in Polokwane, Limpopo, gepraat. Hy sê die EFF leef, en is goed aan die gang in al die uithoeke van die land na hulle die veldtog regoor die land gevoer het:
# Die Departement van Justisie beplan om amptenare in Indië te kontak na die arrestasie van Ajay en Anil Gupta vir beweerde betrokkenheid by die dood van ‘n vooraanstaande bouer in Dehradun. News24 haal die woordvoerder van die departement, Chrispin Phiri, aan wat sê Suid-Afrika het lasbriewe vir die inhegtenisneming van Rajesh en Atul Gupta, maar formele prosesse is nietemin aan die gang deur die Hoë Kommissaris in Indië. Anil en Ajay is aangekeer na ‘n bouer, Satinder Singh Sawhney, hulle genoem het in ‘n selfdoodnota voor hy van ‘n sewe-verdieping woonstelgebou afgespring het.
Nog nuus uit Indië is dat minstens 27 mense is dood in ‘n massiewe brand by ‘n speletjie-arkade. Plaaslike media berig verskeie van die slagoffers is kinders. Vlamme en ‘n groot rookkolom kon oor die gebou in Rajkot, in die staat Gujarat, gesien word. Plaaslike polisie het gister gesê dit is baie moeilik om die ergverbrande liggame uit te ken. ‘n Spesiale ondersoekspan ondersoek die oorsaak van die tragedie. Die eerste minister, Narendra Modi, het sy diepste meegevoel uitgespreek en gesê sy gedagtes is by diegene wat geliefdes verloor het.
# En, rugby: Die Griekwas het ‘n perfekte veldtog afgesluit deur die SA Beker in te palm – hulle eerste trofee in tien jaar. Hulle het hulle aartsvyande, die Pumas, met 46-24 in Kimberley geklop. Pieter Bergh se span het van die begin af voorgeloop en was teen die 25ste minuut reeds met 29-0 voor. Hulle het die voorsprong behou in ‘n onvergeetlike eindstryd voor ‘n groot skare op hulle tuisveld, en die wedstryd van die taai Pumas van Mpumalanga weggeraap.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….