Nuus 17:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Mei 5 nm
Goeiemiddag. Ek is………
In die bulletin:
# Die PA beskuldig die DA van anti-demokratiese gedrag in sy OVK-klagte
# Ramaphosa vra ‘n nasionale reaksie om geslagsgeweld uit te wis
# En, rugby: Kaartjies kan nie net gekoop word vir die Bokke se toets teen die All Blacks in Kaapstad nie
# Die Patriotic Alliance het ‘n klagte by die Verkiesingskommissie ingedien teen die DA en hulle van anti-demokratiese optrede beskuldig. Die PA beweer die DA was betrokke by die verspreiding van foutiewe inligting, die aanhitsing van geweld en die uitbuiting van godsdienstige spanning. Die klagte beskuldig ook die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, van magsmisbruik vir politieke gewin. Die PA se adjunk-sekretaris-generaal, Meshé Habana, veroordeel hierdie optrede as oortredings van die OVK se Gedragskode en demokratiese beginsels.
# President Cyril Ramaphosa het ‘n nasionale reaksie gevra om geslagsgeweld en vrouemoord uit te wis. Ramaphosa het tydens die ondertekening van die Wet op Geslagsgeweld en Vrouemoord in Pretoria vordering met die Nasionale Strategiese Plan oor Geslagsgeweld uitgelig. Hy het ook beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om geweld teen vroue te beëindig en nuwe wette en projekte uiteengesit om oorlewendes te ondersteun en die strafregtelike reaksie te versterk:
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik neem die energiereguleerder, Nersa, hof toe oor sy besluit om opwekkingslisensies aan die Turkse onderneming Karpowership in Suid-Afrikaanse hawens toe te staan. OUTA het ‘n aansoek ingedien om die volledige, ongeredigeerde rekords te bekom van Nersa se besluit om lisensies goed te keur. Die verhoor sal volgende maand in die Hooggeregshof in Pretoria plaasvind. Stefanie Fick van OUTA voer aan Nersa se besluitneming toon geen deursigtigheid nie en kon nie ‘n balans tussen openbare en ekonomiese belange bewerkstellig nie:
# ‘n Britse verpleegkundige wat lewenslank tronk toe gestuur is nadat sy skuldig bevind is aan die moord op sewe babas, Lucy Letby, het ‘n aansoek verloor om teen haar skuldigbevinding te appelleer. Regter Victoria Sharp van die Appèlhof het tydens ‘n kort verhoor in Londen aangekondig Letby se aansoek is geweier, wat die einde beteken van die appèlproses. Die 34-jarige Letby is in Augustus skuldig bevind aan sewe moorde en ses pogings tot moord in die Countess of Chester-hospitaal, in Noordwes-Engeland tussen 2015 en ’16.
# Rugby: Kaartjies vir die Rugbykampioenskapstoets tussen die Springbokke en All Blacks in Kaapstad sal op 19 Junie te koop wees. ‘n Openbare registrasie van belangstelling sal van 27 Mei tot 9 Junie gehou word en ‘n kaartjie-trekking sal gedoen word om ‘n regverdige proses te verseker. Registrasie van belangstelling is ‘n inskrywing vir die trekking en verseker nie outomaties kaartjies nie. Suksesvolle aansoekers, wat lukraak gekies sal word, sal genooi word om tot vier kaartjies per kliënt te koop. Kaartjies wissel van 250- tot drie-duisend-500-rand.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-43-sent teen die dollar, 20-rand-1-sent teen die euro en 23-rand-46-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-274-dollar-30-sent. Die prys van goud is twee-duisend-342-dollar-34-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-52-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….