Eko-minuut 13:30
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 24 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag. Hier is jou Eko-minuut:
# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het tussen Januarie en Maart vanjaar 105 opwekkingsaanlegte geregistreer. Die algehele beleggingswaarde is 18,4-miljard-rand en dit sal 788 megawatt elektrisiteit opwek. Nersa se woordvoerder, Charles Hlebela, sê die geregistreerde aanlegte sluit in foto-voltaïese sonkrag met battery-stelsels, windturbines, gemengde opwekking en gas:
# Die gebruik van verwerkte houtprodukte is ‘n lewensvatbare alternatief vir beton en staal in die boubedryf, danksy die lae koolstofvoetspoor. Dit is volgens ‘n senior dosent aan die Universiteit van Pretoria, Schalk Grobbelaar. Talle studies het getoon hout is nie slegs hernubaar nie, maar vaar ook die beste onder die meeste produkte wanneer dit kom by omgewingsuitwreking. Grobbelaar sê indien die markaandeel vir houtgebaseerde geboue tot 20-persent van alle nuwe projekte sou toeneem, kan dit die energie- en globale verwarmingspotensiaal van die huisbousektor met 4,9-persent verminder.
# En ten slotte: Minstens 83 brul-ape is dood aangetref in die Mexikaanse Golfkus-staat Tabasco, terwyl inwoners ander gered en na ‘n plaaslike veearts geneem het. Mantel-brul-ape is bekend vir hulle brulgeluide en word as kwesbaar beskryf op die rooilys van die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Die primate het gevrek te midde van ‘n droogte en baie hoë temperature. Mexiko se ministerie van die Omgewing gee verskeie redes vir die vrektes, waaronder sonsteek, ontwatering, wanvoeding en giftige landbou-chemikalieë op landerye.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….