Nuus 15:00
BULLETIN 23 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Vier-en-sewentig-persent van fondsbestuurders verwag ‘n oplewing in Suid-Afrikaanse aandele ná die verkiesing
# Die VF Plus eis ‘n verduideliking van die vertraging met Malema se haatspraaksaak
# En, rugby: Libbok verleng sy kontrak met die Stormers tot 2027
# ‘n Opname deur die Bank van Amerika met 19 Suid-Afrikaans-gefokusde fondsbestuurders het bevind 74-persent verwag ‘n oplewing in plaaslike aandele ná volgende week se verkiesing, ondanks potensiële beleidsverskuiwings. Die opname, wat vroeër die maand gedoen is, het aan die lig gebring 79-persent glo aandele en effekte is onderwaardeer, met banke, sagteware, mynbou en voedselprodusente wat bevoordeel word. Slegs 11-persent van die deelnemers verwag beleidshervormings sal ná die verkiesing versnel, maar is tog optimisties oor die mark. Kommer sluit in moontlike linkswaartse beleidsverskuiwings, swak verdienste en inflasie.
# Die Vryheidsfront Plus kritiseer die Nasionale Vervolgingsgesag vir ‘n vertraging van vyf maande met die haatspraaksaak teen die leier van die EFF, Julius Malema. Die klagte, wat in Julie verlede jaar ingedien is, raak Malema se gebruik van die liedjie ‘Kill the Boer, Kill the Farmer’ en die uitdrukking ‘shoot to kill’ tydens die EFF se tienjaar-vierings. Partyleier Pieter Groenewald sê ondanks die afhandeling van die polisie-ondersoek in Desember verlede jaar het die NVG nog nie opgetree nie:
# President Joe Biden beplan ‘n amptelike besoek aan Afrika in Februarie na die Amerikaanse presidentsverkiesing. Hy het dit bevestig tydens ‘n vergadering met die Keniaanse president, William Ruto, in die Withuis. Samesprekings met Ruto en ander leiers sal konsentreer op handel, skuldverligting en internasionale kwelpunte. Alhoewel dit nog nie amptelik aankondiging is nie, stem Biden se beplande besoek ooreen met sy administrasie se fokus op wêreldsake. Biden wil nog ‘n termyn vir die Demokrate beveilig in die verkiesing op 5 November teen sy Republikeinse teenstander, oudpresident Trump.
# Rugby: Die Wêreldbeker-wenner, Manie Libbok, het ‘n kontrakverlenging van drie-jaar met die Stormers gesluit. Die talentvolle speler het die afgelope drie-jaar ‘n groot indruk gemaak in die nommer 10-trui en sal aanhou om die toutjies te trek. Hy sluit aan by spanmaats Sacha Feinberg-Mngomezulu, Dan du Plessis, Ruben van Heerden en Evan Roos, wat ook daartoe verbind het om tot 2027 in Kaapstad te bly. Die direkteur van rugby, John Dobson, sê om Libbok vir nog drie-jaar in die groep te hê, is ‘n reuse-aanwins.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-38-sent teen die dollar, 19-rand-93-sent teen die euro en 23-rand-39-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-684-dollar-50-sent. Die prys van goud is twee-duisend-368-dollar-58-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-40-sent per vat.
# En ten slotte, adjunkhoofregter Mandisa Maya het die Konstitusionele Hofregter Yvonne Mokgoro as een van Suid-Afrika se beste regsgeleerdes bestempel. Maya het tydens die amptelike begrafnis in die Katolieke Kerk in Bryanston, Johannesburg, gewys op Mokgoro se werk, wat ‘n groot uitwerking gelaat het, en haar rol in die land se wetlike geskiedenis beklemtoon. Sy het haar blywende nalatenskap onthou en Mokgoro geprys as ‘n humanitêr wat die lewe vereer het, veral met haar uitsprake. Maya sê sy was passievol oor geslagsgelykheid:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….