Nuus 14:00
BULLETIN 23 Mei 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# RISE Mzansi sê die ANC, DA, EFF en ActionSA het Suid-Afrikaners in die steek gelaat
# Die DA sê nog ‘n Esidimeni wag indien geestesgesondheidsubsidies nie betaal word nie
# En, rugby: Libbok verleng sy kontrak met die Stormers tot 2027
# RISE Mzansi sê die politieke establishment van die ANC, die DA, die EFF, ActionSA en andere het Suid-Afrikaners in die steek gelaat deur populisme en retoriek. Die party sê hy is ‘n luidspreker vir gemeenskappe wie se stemme stilgemaak is deur die politieke establishment. Woordvoerder Gugu Ndima sê die party sal nie ophou om die verdelings in Suid-Afrika uit te lig nie, terwyl dit nuwe leiers daarstel en planne maak vir ‘n veilige, vooruitstrewende, gelyke en verenigde Suid-Afrika vir almal:
Intussen het Africa Check ‘n verkiesingsinligtingspunt op sy webblad bekendgestel, met feite wat nagegaan sal word, ontledings, feiteblaaie en videos wat deur K-I geskep is. Dit is die werk van die digitale bemarkingsagentskappy Rogerwilco, en daarop gemik om betroubare inligting aan Suid-Afrikaanse kiesers te verskaf. Die uitvoerende direkteur, Noko Makgato, meen veral jong kiesers sal die video-inhoud geniet. Die K-I-aanbieder, Zanele, sal fopnuus en foutiewe aansprake uitwys en akkurate inligting bevestig. Die webblad sal kyk na aansprake deur die ANC, DA en EFF, en ook kyk na die ANC se beloftes van 2019 wat nie nagekom is nie.
# Die DA in Gauteng sê nog ‘n Life Esidimeni-tragedie dreig terwyl nie-regeringsorganisasies sukkel om na honderde geestesgesondheidspasiënte om te sien. Die provinsiale Gesondheidsdepartement het vir twee maande nie hulle subsidies betaal nie. Dit volg nadat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling ook versuim het om NRO’s te betaal. Die DA-lid, Jack Bloom, sê die vertragings met betalings is ‘n skande en gebeur dikwels met organisasies wat na die kwesbaarste mense in Gauteng omsien:
# Duisende Irannese het in Birjand ‘n optog gehou om president Ebrahim Raisi te groet. Raisi is saam met die minister van Buitelandse Sake, Hossein Amirabdollahian, en ses ander mense dood in ‘n helikopter-ongeluk in die bergagtige noordweste met hulle terugkeer vanaf ‘n dam-inwyding. Raisi is vandag begrawe by die altaar van imam Reza in Mashad. Hy is die eerste toppolitikus van die land wat by die heilige plek begrawe word, wat ‘n besondere eer is. Amirabdollahian is ook vandag ter ruste gelê.
# Rugby: Die Wêreldbeker-wenner, Manie Libbok, het ‘n kontrakverlenging van drie-jaar met die Stormers gesluit. Die talentvolle speler het die afgelope drie-jaar ‘n groot indruk gemaak in die nommer 10-trui en sal aanhou om die toutjies te trek. Hy sluit aan by spanmaats Sacha Feinberg-Mngomezulu, Dan du Plessis, Ruben van Heerden en Evan Roos, wat ook daartoe verbind het om tot 2027 in Kaapstad te bly. Die direkteur van rugby, John Dobson, sê om Libbok vir nog drie-jaar in die groep te hê, is ‘n reuse-aanwins.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-39-sent teen die dollar, 19-rand-95-sent teen die euro en 23-rand-41-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 69-duisend-706-dollar-96-sent. Die prys van goud is twee-duisend-366-dollar-40-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….