Nuus 14:00
BULLETIN 22 Mei 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die regering onderteken ‘n samewerkingsooreenkoms om rampreaksie te verbeter
# Noorweë erken Palestina amptelik as ‘n staat
# En, krieket: Rajasthan Royals en RCB meet kragte in die IPL se uitklopwedstryd
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionale Sake, Thembi Nkadimeng, en haar eweknie van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, het ‘n samewerkingsooreenkoms oor rampbestuur onderteken. Dit integreer die vaardighede en bronne van hulle departemente om rampreaksietye te verbeter. Nkadimeng het aan die media gesê die samewerking sluit die skepping van ‘n rampfonds in:
# Die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie het Eskom geloof vir bykans twee-maande se opskorting van beurtkrag. Die direkteur-generaal, Jacob Mbele, het tydens die Enlit Africa-konferensie in Kaapstad, Eskom se leierskap en pogings geloof. Hy sê vordering word ook gemaak op ander gebiede van die Energie-aksieplan, soos die versnelling van die verkryging van nuwe opwekkingsvermoë. Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het hoop uitgespreek oor die ondertekening van die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering, wat Eskom se monopolie beëindig en mededinging in die mark bevorder.
# Noorweë het Palestina amptelik as ‘n staat erken. Die eerste minister, Jonas Gahr Støre, sê daar kan nie vrede in die Midde-Ooste wees sonder erkenning nie. Hy sê deur Palestina te erken as ‘n staat, steun Noorweë die Arabiese vredesplan. Ierland en Spanje het hulle by Noorweë aangesluit met die erkenning. Die Noorweegse minister van Buitelandse Sake, Espen Barth Eide, sê die amptelike erkenning van die drie nasies tree op 28 Mei in werking. Verskeie Europese Unie-lande oorweeg ook die stap en beskou dit as uiters belangrik vir standhoudende vrede.
# Krieket: Rajasthan Royals en Royal Challengers Bengaluru pak mekaar vandag in dien uitklopwedstryd van die Indiese Premierliga. RCB het die seisoen baie swak begin, maar toe ses agtereenvolgende wedstryde gewen vir die vierde plek op die punteleer, terwyl Rajasthan derde geëindig het. Sunrisers het gister se eerste kwalifiseerder met agt paaltjies verloor teen Kolkata Knight Riders. Dit beteken Kolkata kom teen Vrydag se wenner te staan in Sondag se eindstryd.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-15-sent teen die dollar, 19-rand-69-sent teen die euro en 23-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-41-dollar-27-sent. Die prys van goud is twee-duisend-417-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 82-dollar-38-sent per vat.
# En die Xiluva-party bring hulde aan die voormalige voorsitter van DA se federale raad, James Selfe, en prys hom vir sy leierskap. Hy is gister na ‘n lang siekbed op 68 oorlede. Selfe het die politiek in die 1970’s betree en byna drie dekades in die wetgewer gedien, veral in justisie en korrektiewe dienste. Die nasionale woordvoerder, Portia Adams, loof Selfe se toewyding aan openbare diens en sy deurslaggewende rol in die vorming van die demokrasie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….