Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 21 Mei 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig oudpresident Jacob Zuma se hoop om na die Nasionale Vergadering terug te keer, is deur die Konstitusionele Hof verydel. Die hof het beslis hy mag homself nie verkiesbaar stel nie. Sy naam en foto sal egter steeds op die stembriewe verskyn.
GAUTENG:
# Beeld:
Lei ook met Zuma se lot. Die koerant berig hoewel Zuma se foto steeds as identifiseerder van die MK-party op die stembrief sal verskyn, sal sy naam van die party se kandidatelys verwyder word.
Tweedens word berig die gewese ballerina, Sunel van der Berg is in die hospitaal opgeneem nadat ‘n brand by haar huis in Menlopark uitgebreek het.
En laastens skryf die koerant ‘n leerder van Grey Kollege is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy van die boonste verdieping van die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein geval het.
# The Star en Pretoria News:
Skryf die MK-party sê hy sal nie van stryk gebring word deur die “gebrekkige” uitspraak van die Konstitusionele Hof nie.
En tweedens is daar ‘n berig oor die stryd tussen die ANC en EFF in Limpopo.
# Sowetan:
Berig Zuma sal nou moet kies wie die MK-party gaan lei, maar die lys waaruit hy kan kies is redelik gebrekkig.
# En The Citizen:
Lei met: “WHAT NEXT FOR ZUMA?” Die koerant skryf hy was in elk geval nie van plan om Parlement toe te gaan en sy voordele as afgetrede president te verloor nie.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Lei eerstens ook met Zuma.
Dan skryf die koerant die sogenaamde baasbrein agter die moorde op die Brand-gesin van Hartswater, Kgomotso Mpumiwana het in die hof ontken dat sy enigiets van die moorde af weet.
En laastens word berig die twee beskuldigdes in die Morrison-moordsaak het hul bortogaansoeke laat vaar.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Het dieselfde hoofberig as Beeld en Volksblad.
En tweedens berig die koerant die organiseerders van die Twee Oseane-marathon het erken dat hulle ‘n fout begaan het met die hantering van die afsnytyd by die 42,2 km-merk.
# En Cape Times:
Skryf ook die MK-party sê die hofuitspraak sal hulle nie van stryk bring nie.
En berig oor die redes van die Wes-Kaapse ANC-voorsitter, Vuyiso Tyhalisisu se weiering om ‘n parlementêre pos te aanvaar.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die adjunkminister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Buti Manamela gaan ingryp by die betalingskrisis vir studente-huisvesting.
En skryf oor 100-miljoen-rand se onkologietoerusting wat by die Livingstone-hospitaal in gebruik geneem is.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf 17-duisend polisiebeamptes word in KwaZulu-Natal ontplooi om die verkiesing te hanteer.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig die beskuldigdes in die sogenaamde Fishrot-saak is omgekrap omdat hulle verskuif is van enkelaanhoudingselle met goeie internetverbinding, televisie en ander voordele, na die gemeenskaplike selle saam met ander verhoorafwagtende gevangenes.
En tweedens skryf die koerant ‘n ma wat haar baba verloor het omdat daar na bewering nie ‘n ambulans beskikbaar was nie, sê die dag het ‘n onuitwisbare merk op haar gelaat.