Nuus 13:00
BULLETIN 19 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In dié bulletin:
# Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur, NatJoints, verseker die publiek van voldoende veiligheidsmaatreëls vir die verkiesing
# Motorsport: Verstappen ewenaar Senna se rekord agt agtereenvolgende voorste wegspringposisies
# En, Kinderbeskermingsweek in Suid-Afrika word vandag van stapel gestuur
# Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur, NatJoints, het die publiek verseker van voldoende veiligheidsmaatreëls vir die komende algemene verkiesing. Die mede-voorsitter, Tebello Mosikili, sê ‘n nasionale veiligheidsevaluering is uitgevoer, en ‘n operasionele plan is in plek. Mosikili benadruk die belangrikheid van individuele verantwoordelikheid vir ‘n vreedsame verkiesing, en doen ‘n beroep om samewerking om harmonie en respek te verseker tydens en ná die stemproses:
In Kaapstad bied die Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Zizi Kodwa, vandag ‘n 30-jaar viering van vryheid en demokrasie in Khayelitsha aan. Sy woordvoerder Litha Mpondwana sê dit behels deelname deur burgers, bewusmaking van vordering, en die aanspreek van die toekomstige uitdagings. Die vierings fokus ook op die werk wat reeds gedoen om ‘n beter lewe vir Suid-Afrikaners te verseker. Mpondwana sê hulle wil ‘n nasionale gevoel van betrokkenheid skep in aanloop tot die verkiesing:
# Die Johannesburgse Erfenisstigting het ‘n petisie opgestel vir die heropening van die stad se biblioteek, wat sedert 2021 gesluit is. Tydens ‘n betoging buite die biblioteek het die voorsitter David Fleminger die Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap gekritiseer vir die sluiting, weens vermeende strukturele kwessies. Fleminger beklemtoon die belangrikheid van die biblioteek vir onderwys, geletterdheid en geestesgesondheid. Hy eis die onmiddelike heropening en voer aan dis noodsaaklik vir demokrasie en die gemeenskap:
# Motorsport: Max Verstappen van Red Bull het gister spoed gevind toe dit nodig was en Ayrton Senna se rekord van agt agtereenvolgende voorste wegspringposisies geëwenaar in die kwalifiserende ronde van die Emilia Romagna Grand Prix op Imola – en sy sewende van die seisoen. Reuters berig, Oscar Piastri van McLaren was tweede, maar is drie plekke teruggeskuif as straf vir belemmering. Dit het die Australiër na die vyfde plek laat terugsak en sy spanmaat Lando Norris in die voorste ry geplaas. Charles Leclerc en Carlos Sainz van Ferrari is in die derde en vierde plekke op die Italiaanse span se tuisbaan.
# En, om mee af te sluit: Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling stuur vandag Kinderbeskermingsweek van stapel, met die klem op Suid-Afrika se vordering met die behoud van kinders se menseregte. Die tema van vanjaar se veldtog is Die Beskerming van Suid-Afrika se Kinders na 30 Jaar. Dit oordink diskriminerende wette van die verlede, én die land se toewyding tot kinderwelstand. Minister Lindiwe Zulu lig die belangrikheid van kinders se regte uit, vasgelê in die Grondwet. Die veldtog beklemtoon die regering se toewyding aan onderwys, gesondheid en maatskaplike dienste om kinders se welstand te beskerm.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….