Nuus 08:00
BULLETIN 19 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# RISE Mzansi bied sy saamtrek van die mense aan
# Standard and Poors behou SA se kredietgradering
# En, rugby: Libbok baan die weg vir ‘n belangrike Stormers oorwinning, terwyl ‘n rooikaart die Haaie help kelder teen Cardiff
# Meer as vyf-duisend RISE Mzansi-vrywilligers, organiseerders en leiers kom vandag byeen in die Ruimsig-stadion in Roodepoort, Johannesburg, vir die RISE-PeoplesRally. Die nasionale woordvoerder Gugu Ndima sê die byeenkoms is ‘n hoogtepunt van ‘n jaarlange mobilisasiepoging voor die verkiesing. Ndima sê die nasionale leier Songezo Zibi is die hoofspreker, en die byeenkoms eindig met die ondertekening van ‘n ooreenkoms met die mense, bekend as die People’s Contract:
# President Cyril Ramaphosa het ‘ n Spesiale Amptelike Begrafnis Kategorie 1 toegestaan aan die ontslape oud-regter Yvonne Mokgoro, wat in die ouderdom van 73 oorlede is. Die nasionale vlag hang tot haar begrafnis Donderdag halfstok. Die presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Mokgoro was een van die eerste regters van die Konstitusionele Hof:
# Standard and Poor’s Global Ratings het na ‘n geskeduleerder hersiening besluit om Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd te laat. Die Amerikaanse kredietgraderingsagentskap noem verwagtings van groei deur privaat sektor kragopwekking, wat teengewerk word deur kommer oor Transnet se uitdagings, wat ekonomiese vooruitsigte kan demp. Ondanks stygende staatskuld, beklemtoon S&P Suid-Afrika se sterkpunte, wat ‘n aanpasbare wisselkoers en ‘n geloofwaardige Reserwebank insluit. Daarby dui bronne in die Tesourie op ‘n moontlike bereiking van ‘n primêre begrotingsurplus, vir die eerste keer in 15 jaar.
# Rugby: Die Stormers het gisteraand goed gevorder op hul pad na deelname aan die Verenigde Rugbykampioenskap-uitspeelstryd en kwalifisering vir die Kampioenebeker met ‘n 16-12 oorwinning oor Connacht in hulle voorlaaste ligawedstryd in Galway. Hulle het verlede week die Dragons geklop. In Durban het ‘n rooikaart vir die Haaie se flank Timo Mavesere, 19 minute ná die afskop van hulle VRK-wedstryd teen die Walliese span Cardiff, hulle duur te staan gekom. Die Durbanse span kon nie aan die gang kom nie en het hulle tuiswedstryd 36-14 verloor.
# En, laastens: Die burgemeester van Kaapstad Geordin Hill-Lewis vra gebede vir die families van die elf vissermanne wat nog ter see vermis word nadat ‘n treiler Vrydag gesink het. Die Nasionale Seereddingsinstituut en ander reddingsdienste soek steeds na die vermiste vissermanne. Die NSRI het bevestig nege van hulle kollegas is vroeër gered en na veiligheid gebring. Hill-Lewis sê die stad sal steeds steun bied en bly hoop op goeie nuus:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….