Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Mei 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die redding- en herwinningproses in George is afgehandel
# ‘n Rekord getal politieke skenkings word aangemeld
# En, sokker: Manchester City is op die randjie van ‘n rekord van ‘n vierde agtereenvolgende Premierliga-titel
# Die redding-en-herwinningsoperasie by die ineengestorte bouterrein in George is afgehandel. Die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê meer as ‘n duisend werkers het aan die operasie deelgeneem, wat 260-uur geduur het. Meer as ses-duisend-ton rommel is verwyder. Die aantal mense op die perseel is afwaarts aangepas tot 62. Bredell bevestig 33 sterftes en 34 mense gered waarvan vyf later dood is, terwyl tien pasiënte steeds in die hospitaal is. Hy sê die vordering met die ondersoek sal mettertyd oorgedra word.
# Die verslag van die Verkiesingskommissie oor skenkings toon ‘n rekord vierde kwartaal van meer as 172-miljoen-rand. Groot skenkings sluit in maatskappye van Patrice Motsepe, African Rainbow Minerals en Harmony Gold, wat elk 6,9-miljoen-rand aan die ANC geskenk het, meer as vyf-miljoen-rand aan die DA en altesaam 2,6-miljoen-rand vir die EFF. Die amptelike opposisie het ook tien-miljoen-rand elk ontvang van Main Street 1-5-6-4 en Jonathan Oppenheimer. Naspers het twee-miljoen-rand elk geskenk aan die ANC en die DA. Change Starts Now het uit die verkiesing onttrek, maar steeds bykans 36-miljoen-rand se skenkings ontvang.
# Die Spesiale Ondersoekeenheid en die Valke het gelyktydig toegeslaan op al vyf vlugtelingsentrums in Suid-Afrika. Die ondersoek-en-beslagleggingsoperasies het in Gqeberha, Pretoria, Musina, Durban en Kaapstad plaasgevind. Na berig word ondersoek die eenheid korrupsie wat verband hou met die uitreiking van asiel- en vlugtelingdokumente aan buitelanders wat Suid-Afrika binnekom. By die Marabastad-sentrum in Pretoria word meer as 60 amptenare van Binnelandse Sake by die ondersoek betrek. Alle sentrums val onder die Departement van Binnelandse Sake.
# ActionSA sê hy is ontsteld omdat die Minister van Minerale Hulpbronne en Energie, Gwede Mantashe, Vantage Goldfields toestemming gegee het om die Lily-myn in Mpumalanga te heropen. Die liggame van drie mynwerkers is steeds ondergronds vasgekeer sedert ‘n vraghouer waarin hulle gewerk het, in 2016 in ʼn sinkgat verdwyn het. ActionSA se president, Herman Mashaba, sê hulle is steeds vasbeslote om te help om die liggame van die drie mynwerkers uit te haal:
# Sokker: Die Engelse Premierliga word Sondag op die laaste dag van die seisoen beslis. Al tien oorblywende wedstryde begin op dieselfde tyd, maar die oog sal val op Arsenal en Manchester City. City is op die randjie van ‘n rekord vierde agtereenvolgende kroon van die Engelse titel. Hulle is twee punte voor Arsenal en bestuurder, Pep Guardiola, is deeglik bewus ‘n oorwinning oor West Ham sal die Premierliga-titel beklink:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-26-sent teen die dollar, 19-rand-80-sent teen die euro en 23-rand-11-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-288-dollar-8-sent. Die prys van goud is twee-duisend-389-dollar-1-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-25-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….