Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 17 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Spesiale Ondersoekeenheid en die Valke slaan toe op Suid-Afrika se vlugtelingsentrums in ‘n korrupsie-ondersoek
# Cosatu sê die Wetsontwerp op Openbare Verkryging sal ‘n sleutelrol speel in die stryd teen korrupsie
# En, rugby: Willemse, Dayimani en Harris begin vir die Stormers in Ierland
# Die Spesiale Ondersoekeenheid en die Valke het gelyktydig toegeslaan op al vyf vlugtelingsentrums in Suid-Afrika. Die ondersoek-en-beslagleggingsoperasies het in Gqeberha, Pretoria, Musina, Durban en Kaapstad plaasgevind. Na berig word ondersoek die eenheid korrupsie wat verband hou met die uitreiking van asiel- en vlugtelingdokumente aan buitelanders wat Suid-Afrika binnekom. By die Marabastad-sentrum in Pretoria word meer as 60 amptenare van Binnelandse Sake by die ondersoek betrek. Alle sentrums val onder die Departement van Binnelandse Sake.
Cosatu sê intussen die Wetsontwerp op Openbare Verkryging sal ‘n sleutelrol speel om korrupsie aan te pak en plaaslike verkryging en werksgeleenthede te ondersteun. Hy sê dit is ‘n reuse-stap deur die regering om die Staatsdiens skoon te maak en die ekonomie te versnel. Matthew Parks van Cosatu sê daar is tans nie ‘n enkele wetgewende raamwerk vir openbare verkryging nie en baie staatsinstellings is daarom ‘n maklike teiken vir misbruik en korrupsie:
# Die ANC het ‘n klagte by die Verkiesingskommissie ingedien en beskuldig die voorsitter van die federale raad van die DA, Helen Zille, dat sy die verkiesingsgedragskode verbreek het. Volgens die ANC het Zille ‘n ANC-plakkaat op sosiale media geplaas met verwronge slagspreuke. Hulle versoek ‘n ondersoek na die beweerde oortreding. Die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, voer aan daar moet by die verkiesingskode gehou word om regverdige mededinging in die komende algemene en provinsiale verkiesing te verseker.
# Die voormalige gyselaar en stigter van Fair Planet, Shoshan Haran, versoek die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies om in te gryp met die vrylating van gyselaars in die konflik in Gaza. Sy het tydens ‘n informele byeenkoms in New York, wat deur Amerika byeengeroep is, aangedring op die vrylating van 128 vermiste gyselaars. Haran is vir 50 dae aangehou en het gewys op die dringende behoefte aan internasionale optrede aangesien haar skoonseun steeds gyselaar gehou word:
# Rugby: Damian Willemse, Hacjivah Dayimani en Brok Harris is almal in die Stormers se beginspan vir môreaand se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Connacht in Galway. Die Stormers sal daarna streef om agtereenvolgende oorwinnings te behaal wanneer hulle die Ierse span net na ses-uur pak. Willemse skuif na binnesenter, met Dan du Plessis wat skuif na buitesenter. Daar is ook ‘n posisionele verandering vir Evan Roos, wat oopkantflank toe skuif, met Dayimani wat hierdie week aan die agterkant van die skrum begin.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-28-sent teen die dollar, 19-rand-81-sent teen die euro en 23-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-259-dollar-52-sent. Die prys van goud is twee-duisend-387-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-19-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….