Nuus 09:00
BULLETIN 17 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa word vrye teuels gegee om die perk vir skenkings aan politieke partye vas te stel
# Cosatu ondersteun nie die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering nie
# En die Texas-goewerneur begenadig ‘n man wat skuldig bevind is aan die moord op ‘n Black Lives Matter-betoger
# Die Nasionale Vergadering het ‘n mosie aanvaar wat president Cyril Ramaphosa toelaat om die nuwe politieke befondsingsbekendmakingsdrempels en jaarlikse skenkingsperke te reguleer. Die Wysigingswet op Verkiesingsaangeleenthede het verlede week in werking getree met geen perke op hoeveel geld politieke partye en onafhanklike kandidate mag ontvang nie, en daar is geen drempelperk gestel waarna hulle skenkings moet verklaar nie. Die mosie is aanvaar ondanks teenkanting van die DA, IFP, VF Plus ACP en die PAC.
# Cosatu sê hy ondersteun nie die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteitsregulering nie en bly bekommerd oor Eskom se ontbondeling, insluitend die stigting van sy Transmissiemaatskappy. Die Nasionale Raad van Provinsies het die wetsontwerp gister aanvaar en Suid-Afrika op ‘n hervormingspad geplaas wat elektrisiteitsvoorsiening betref. Matthew Parks van Cosatu sê deur Eskom in drie eenhede te omskep, sal bykomende rade en bestuurskoste geskep word wat die kragvoorsiener nie kan bekostig nie:
# Die DA in Gauteng sê organisasies sonder winsbejag in die provinsie sukkel weens ʼn mislukte beoordelingsproses wat tot befondsingsprobleme lei. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die beoordelingsproses verkeerd hanteer en versuim om goedgekeurde organisasies se subsidies te betaal. Refiloe Nt’sekhe van die DA sê dit beteken baie van die organisasies sal hul deure moet sluit, personeel aflê of bedrywighede inkort:
# Die goewerneur van Texas, Greg Abbott het ‘n voormalige sersant in die Amerikaanse leer begenadig wat tot 25 jaar tronkstraf gevonnis is vir die moord op ‘n betoger van Black Lives Matter in 2020. Daniel Perry wat as ‘n Uber-bestuurder werk het, het by ‘n straat ingedraai waar betogers gestap het. Een van die betogers, Garrett Foster, het sy motor met ‘n vuurwapen genader en Perry het hom toe geskiet en gesê hy het uit selfverdediging opgetree. Maar, getuies het getuig hulle het nooit gesien dat Foster sy wapen gerig het nie. Die skietery was een van minstens 25 moorde tydens die politieke protesoptrede en onrus in 2020.
# Gholf: Die Amerikaner Xander Schauffele het ‘n voorsprong van drie houe na die openingsronde van die PGA Kampioenskap by die Valhalla Gholfklub in Kentucky. Hy het vir die eerste keer in die geskiedenis van die PGA Kampioenskap ‘n ronde van 62 behaal en dit slegs die vierde keer ooit in ‘n mans Major-toernooi. Sy landgenote Tony Finai en Sahith Theegala is saam in die tweede plek op ses onder baansyfer. Nog ‘n Amerikaner, Brooks Kopeka, wat sy titel verdedig, is op vier-onder, 67. Schauffele sê hy is tevrede met hoe hy gespeel het:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-20-sent teen die dollar, 19-rand-77-sent teen die euro en 23-rand-5-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-455-dollar-58-sent. Die prys van goud is twee-duisend-377-dollar-76-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-50-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….